Grobler, Hendrik Jacobus Prinsloo Hertzog

 

gebore

09 Jan. 1920

OORLEDE

25 Aug. 1990

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1953

ORDEN

1954

standplase

1954 Rouxville

1955 Swartruggens en Koster

1961 Sekoekoensland

1964 Meetse-aBophelo

EMERITEER

Ds Hendrik Jacbobus Prinsloo Hertzog Grobler (09.01.1920-25.08.1990);

Hendrik Grobler het op 9 Januarie 1920 in Roodepoort, Transvaal die eerste lewenslig gesien. Terwyl hy as skrynwerker op die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens werksaam was, het die roepstem tot die evangeliebediening gekom en bedank hy teen die einde van 1947 uit die Spoorweë. Aan die begin van 1948 skryf by in as student by die Sendinginstituut op Wellington. Finansieel was dit vir hom in daardie stadium, toe reeds ‘n volwasse man, baie moeilik, maar deur sy geloof in die onveranderlike roeping van die Meester en die ruimhartige finansiële ondersteuning van ‘n onbekende weldoener, het hom laat volhard. In Junie 1953, ses maande voordat hy sy studies voltooi het, tree hy in die huwelik met ‘n onderwyseres, Baby Viljoen.

Ds Grobbie, soos by hy almal bekend was, begin sy bediening as sendeling met groot entoesiasme in Rouxville waar by Sesoeto leer praat. Hierna verkondig hy die verlossingsboodskap te Koster, Swartruggens en Derby. By die Klipspruitsendingstasie in die distrik Groblersdal leer by ook Tswana aan. Die aanleer van tale was nog nie klaar nie, want by Meetse-A-Bophelo in Noord-Transvaal leer hy ook nog Sepedi. Hy sit sy bediening voort in Ficksburg, Wesselsbron, Aliwal-Noord (Moederkerk) en die laaste agt jaar bedien by die gemeente Wesheuwels in Oos-Londen waar by ook deel gehad het aan die bou van hierdie gemeente se kerkgebou. Nadat by in 1984 sy emeritaat aanvaar het, vestig die Groblers hulle in Port Elizabeth waar hy nog dikwels die Woord bedien het. Op 25 Augustus1990 het hy gesterf.

Ds Grobbie was ‘n baie beminde persoon wie se nederigheid en opregtheid, gasvryheid, hartlikheid en mooi humorsin altyd onthou sal word. – P C Nel.