gebore
–
OORLEDE
30 Sep. 1952
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1929
ORDEN
1930
standplase
1934 Kareedouw
1939 Aliwal-Noord
1945 Albertinia
1948 Hermanus
EMERITEER
–
Ds. Frederick Rossouw Grobbelaar is in 1929 gelegitimeer en in 1930 te Montagu bevestig waar hy tot 1934 in die diens gestaan het. In 1934 het hy ‘n beroep na Karreedouw aanvaar en na vyf jaar een na Aliwal-Noord waar hy werksaam was tot dat hy in 1945 na Albertinia gegaan het. Na ‘n dienstyd van drie jaar te Albertinia het hy in 1948 ‘n beroep na Hermanus aanvaar waar hy vir die afgelope vier jaar welksaam was. Hy is na ‘n geseënde dienstyd van 22 jaar op 30 September te Bloemfontein, waarheen hy gegaan het om die Uniale Sondag skoolkongres by te woon, in die ouderdom van 48 jaar oorlede. Ds. Grobbelaar het nie net in sy gemeentes nie, maar ook in die wyer kerklike lewe, groot en belangrike werk gedoen. Ook as Christelike skrywer het hy ‘n besonder geseënde invloed uitgeoefen.