Griesel, AJ

 

gebore

OORLEDE

7 Jul. 2009

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

ORDEN

standplase

EMERITEER

Ds Andre Griessel (BA Honneurs, BTh) 1 Maart 1950 – 7 Ju1ie 2009

Andre Johan Griesel is op 1 ApriL. 1950 in Roodepoort gebore as die seun van Gert Diederick Griesel en Hester Magdalena van Vuuren. Sy pa was ‘n mynwerker en die kinders het op Roodepoort skoolgegaan. Andre het sy skoolopleiding in 1956 aan die Laerskool Josua Naudè op Roodepoort begin en was van 1962 tot 1967 leerling aan die Hoërskool Roodepoort. Hy het in die leerlingraad gedien en het provinsiale kleure in judo verwerf.

In 1968 het Andrê vir die graad BCom gestudeer en van 1968 tot 1971 was hy ‘n klerk by ‘n ouditeursfirma. Hy was besig met sy laaste drie vakke toe hy die roeping kry om predikant te word en in 1972 na Stellenbosch vertrek het. Hier het hy die graad BA (Admissie) in 1974 behaal en in 1976 die Honneursgraad. In 1975 het hy ‘n student aan die Fakulteit Teologie op Stellenbosch geword waar hy die graad BTh en die Lisensiaat in die Teologie verwerf het.

Na sy legitimasie aan die einde van 1978 is hy na die NG Gemeente Louwna beroep, waar hy op 27 Januarie 1979 met handoplegging in die gemeente ontvang en bevestig is. Hy is in 1971 met Rene getroud en saam het hulle die liefdevolle deernis van die boeregemeenskap van Louwna, ‘n klein gemeente tussen Kuruman en Vryburg, beleef.

Na ‘n kort dienstyd het ds AJ Griesel in die winter van 1980 ‘n beroep na die NG Gemeente Academia in Windhoek aanvaar, ‘n gemeente waar hy agt jaar lank met oorgawe gewerk het en ook in die moderatuur van die NG Kerk in Suidwes-Afrika gedien het. Dit was besondere jare van harde werk en geestelike seën. Hy het ook in die Fondse- en Jeugkommissies gedien en was voorsitter van twee skole se bestuursliggame.

Aan die einde van 1988 het hy leraar van die NG Gemeente Grootvlei geword, waar hy uitstekende diens gelewer en diep spore getrap het. Renêe skryf oor haar man wat pligsgetrou en altyd haastig was: “Huisbesoek was prioriteit nommer een. Kennismakingsbesoeke moes binne die eerste jaar voltooi wees. Op hierdie besoeke moes sy hele gesin saam! Prediking was prioriteit nommer twee. Donderdae moes die preek geskryf wees. Hospitaal- en siekebesoek was prioriteit nommer drie, dit het hom na aan die hart gelë. Hy het vele kilometers afgelê teen hoë spoed. Die basaar op Grootvlei was besonders, die saal is omskep in ‘n massiewe slaghuis.” Dit was ‘n besondere dienstyd met groot geestelike seën. Sondae is stoele in die kerkgebou ingedra om aan almal sitplek te gee. Maar toe het siekte ongelukkig toegeslaan.

Nadat breinkanker by ds Andrë Griessel gefliagnoseer is, het hy voortgegaan met sy werk en in 1997 het hy reeds twee suksesvolle breinoperasies ondergaan. In 1999 moes hy emeritaat aanvaar. Nadat hy eindelik verskeie breinoperasies ondergaan het, is hy op 7 Julie 2009 oorlede. – Dr Gerdrie van der Merwe VDM