
gebore
17 Sep. 1887
OORLEDE
11 Feb. 1975
UNIVERSITEIT
B.D., PhD
gelegitimeer
1920
ORDEN
–
standplase
Cradock (Hulpprediker.)
1921 Stellenbosch (Hpr.)
1922 Tulbagh
1927 Bloemfontein
1935 Prof. Send.-Inst.
EMERITEER
–
Prof Dr Jan Hendrik Jacobus Greyvenstein (17.9.1887-11.2.1975); ‘n seun van Barkly-Oos, studeer op Stellenbosch en in Princeton (VSA); waar hy ook sy doktorsgraad behaal. Net na sy legitimasie einde 1920, gaan hy as hulpprediker vir ds J C Reyneke na Cradock. ln die volgende jaar word hy hulpprediker op Stellenbosch, maar reeds Februarie 1922 volg sy bevestiging as leraar van Tulbagh, waar hy tot 1927 arbei, om toe leraar van Bloemfontein te word. Begin 1935 aanvaar hy sy pligte as dosent aan die destydse Sendinginstituut op Wellington en daar bly hy aan tot die sluiting van die inrigting 1962. In die gemeentes waar hy werksaam was, het sy arbeid in die teken van toewyding en erns gestaan en in die Sendinginstituut het hy met sy minsame en nederige geaardheid ‘n groot bydrae tot die vorming van sendelinge gelewer. Hy was ‘n geesdriftige navorser, het die sendingmuseum by die instituut opgebou en ook lesings by die Hugenote-Kollege en die Teologiese Skool vir Kleurlingleraars gegee. Uit sy pen het daar onder meer ‘n verklaring van die boek Openbaring verskyn, wat indertyd deur baie met vrug en stigting gebruik is.