gebore
22 Jul. 1923
OORLEDE
28 Feb. 2002
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
–
ORDEN
–
standplase
–
EMERITEER
–
Ds Theunis Hendrik Du Buisson Gouws (BA, BA Hons, BD) 22/07/1923 – 28/02/2002
Theunis Gouws was ‘n bekende en beminde figuur, veral in die noordelike dele van Pretoria. Hy is op 22 Julie 1923 op Marquard gebore waar sy vader, Francois Theodorus Gouws, geboer het. Sy moeder was Gertruida Jacoba Susanna du Buis; on
Hy het aan die laerskole Mozelle (193 I tot 1934) en The Priory (1935) skoolgegaan en in 1939 matriek in die eerste klas
die Hoërskool Marquard geslaag. ‘n CS V konferensie waarheen hy in sy matriekjaar afgevaardig is, het sy lewe verander.
Van 1940 tot 1943 het hy aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer en hom as maatskaplike werker bekwaam. Van 1944 tot 1950 was hy ‘n volkswelsyn beampte in Rustenburg en daarna in Pretoria. In 1949 en 1950 het hy deeltyds teologie aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en die BD-graad (met lof) in 1953 behaal. Hy is in 1953 in Pretoria gelegitimeer.
In die tyd toe hy in Rustenburg as volkswelsynbeampte gewerk het, het hy vir Sarie Grobler (Susara Aletta) ontmoet en hulle is op 4 Februarie 1950 getroud. Hul le het twee kinders, Catharina Margaretha (Carien) wat met Johan-Dirk Heyns getroud is, en Francis Gertruida wat met Marcel Swart getroud is. Daar is twee kleinkinders, Sulêtte en Annelie.
As student het Theun reeds as leier uitgestaan. Hy het ook rugby gespeel en was voorsitter van die studentevereniging Deo Gloria. Die tema van sy BD-verhandeling was: “Die laaste Paasmaal” en vir die proponentsjaar: “Die verval van die diakensamp”.
Ds Gouws is in 1955 in Wesmoot, Pretoria, bevestig en het die gemeente gehelp om kerk te bou. In Maart 1959 het hy ‘n beroep na die Onderstepoort-gemeente aanvaar. Ook hier het hy gehelp om kerk te bou. Sy derde gemeente was Hartbeeshoek waar hy in ApriL. 1966 bevestig is. Sy laaste gemeente was die pasgestigde gemeente Akasia waar hy in Januarie 1982 bevestig is. Ook hier was hy verantwoordelik vir die bou van ‘n besondere kerkgebou.
Ds Gouws was vir 25 jaar lank ‘n lid van die beheerraad van die Hoërskool Gerrit Maritz en was net so lank ‘n dosent by die Dorothea-Bybelskool. Hy was ook ‘n tyd lank voorsitter van die tennisklub van Pretoria-Noord en die kapelaan van die Voortrekkers in Akasia.
Nadat hy in 1992 emeritaat aanvaar het, het hulle eers in Ninapark Akasia (tot 1995) gewoon. Later is hulle na die plaas Kromrivier in die Rustenburg-distrik (1996- 1997); waar hy die “Christelike Rusplek” gebou het. In 1997 het hy in die Amandasig-aftreeoord in Pretoria ingetrek.
Na sy aftrede was ds Gouws nog ‘n ruk lank administratiewe amptenaar van die Akasia-gemeente. In die aftreeoord was hy ‘n ouderling en pastorale hulp, sowel as Wonderpark se gemeentebestuurder.
Op die breër kerklike terrein was hy verskeie kere ringsvoorsitter en vir baie jare lank die skriba van die Ringsendingkommissie. Theuns het ook vir twintig jaar in die uitvoerende komitee van die Sinodale Sendingkommissie van Noord-Transvaal gedien. Hy het ook gereeld in die Sinodale Kommissie van Noord-Transvaal gedien en was ook afgevaardigde na die eerste Algemene Sinode. Ds Gouws het ook ‘n groot rol gespeel in die eerste reeks hersiende kategeseboeke van die AJK in 1974.
Teen Mei 1996 het ds Gouws twee heupvervangings-operasies ondergaan en kort voor sy dood is kolonkanker by hom gediagnoseer. Op sy begrafnis is verwys na 2 Tim 4:7,8 aangesien ook van hom gesê kan word dat hy die wedloop afgelê, die wenstreep bereik het en gelowig enduit volgehou het. Vir hom was die lewe Christus, en die sterwe wins (Fil 1:20).
Theuns Gouws was ‘n man wat nie baie gepraat het nie, maar as hy gepraat het, het mense geluister. Op ‘n keer is hy gevra om ‘n spreker te bedank. Hy het opgestaan en opreg gesê: “Baie dankie”, en weer gaan sit. Hy was besonder deeglik in alles wat hy gedoen het en sy eerlikheid het respek afgedwing. Ons sal hom terdeë mis en ons dank die Here vir hom.
(Dirk Viljoen, as vriend, en na aanleiding van sy biografiese vorm wat hy op 10/2/ 1999 ingevul het en aangevul is na ‘n gesprek met sy vrou, Sarie.)