gebore
24 Jan. 1917
OORLEDE
16 Des. 1984
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1956
ORDEN
1957
standplase
1957 Neilersdrift
1960 Bethanie
1966 Witfield
EMERITEER
–
Ds Hesterius Goosen (24 .1 .1 9 1 7 – 16.12.1984) se bediening van ongeveer 21 jaar het in vyf gemeentes in Noord-Kaapland, SWA en Suid-Transvaal geval. Einde 1956 voltooi hy sy studie op Stellenbosch en op 9.3.1957 volg sy bevestiging met handoplegging as leraar van Neilersdrif. Daarna arbei hy agtereenvolgens in Bethanie, SWA (November 1960); en toe iets meer as ses maande in Witfield, Suid-Transvaal (Augustus1966); voordat hy in Februarie 1967 na SWA terugkeer om predikant van die interessante kusdorp Swakopmund en sy omgewing te word. Vier jaar later, in Junie 1971, verskuif hy landin na Otavi waar hy tot sy aftrede op 29.11.1976 werksaam bly. Daarna boer hy op sy plaas Ockertskraal in die distrik Ladismith in die Klein-Karoo. Hy sterf skielik aan ‘n hartaanval terwyl hy en sy gade, op pad na ‘n begrafnis op Hopetown, by vriende op Britstown oorgebly het.