
gebore
1 Feb. 1862
OORLEDE
21 Nov. 1929
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1889
ORDEN
1890
standplase
Oudtshoorn (Hpr.)
1893 Calvinia (Hpr.)
1894 Barkly-Oos
EMERITEER
1927
Ds. Francis William Reitz Gie was ‘n afstammeling, sowel van vaders as van moederskant, van twee ou geëerde Kaapse familie. Hy word op 1 Februarie 1862 in die Kaapstad gebore, het sy voorbereidende studie aan die ou S.A. Kollege en sy teologiese kursusaan ons Kweekskool deurgemaak en is in 1889 gelegitimeer. Op 18 Julie 1890 is hy in die Grote Kerk, Kaapstad, georden met die oog op hulppredikerskap in die gemeente Oudtshoorn, waar hy geruime tyd werksaam was waarna hy in dieselfde betrekking na Calvinia gegaan is. Op 10 Maart 1894 is hy bevestig in sy eerste vaste en enigste gemeente Barkly-Oos en daar het hy 33 jaar lank gearbei. Een van sy groot werksaamhede daar was die bou van ‘n sierlike kerkgebou, wat daar as ‘n monument, van sy ywer staan. Algemeen gelief en hooggeag, het ds. Gie sy werk steeds op waardige wyse verrig, totdat hy in 1927 om gesondheidsredes sy eervolle emeritaat aanvaar het. Daarna het hy op dringende versoek tydelik die vakante gemeente Macgregor bedien. Op ‘n besoek aan die familiewoning in die Kaapstad, is hy daar op 21 November 1929 plotseling oorlede.