Gerryts, Wouter Daniel

 

gebore

1900

OORLEDE

17 Jun. 1988

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1931

ORDEN

1934

standplase

1934 Mochudi

1935 Tiv, Nigerië

EMERITEER

April 1966

Wouter Daniel Gerryts  is op 26.8.1899 te Kommetjie, KP gebore. Hy word aan die einde van 1931, na afloop van sy teologiese studies aan die Kweekskool op Stellenbosch, gelegitimeer as NG-predikant. Teen die einde van 1934 vetrek hy as sendeling na Mochudi, Botswana en in 1935 vertrek hy na die Soedansending in die Tiv, Noord-Nigerië. Hier was hy werkssaam tot aan die einde van April 1966 toe hy sy emeritaat aanvaar het, Hy sterf in die Strand, KP op 17.6.1988. Hy is in Januarie 1938 met Margaretha Elizabeth CONRADIE (* 9.11.1901, † 19.8.1999) getroud. Sy is sedert 1932 ‘n onderwyseres in die Tiv. Sy was die dogter van Pieter Jacobus Conradie en Aletta Elizabeth Haarhoff en die suster van ds Willie Conradie. (Geskryf deur Andrew Kok).