gebore
10 Jan. 1936
OORLEDE
22 Aug. 2007
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1961
ORDEN
1962
standplase
Pretoria-Noord
EMERITEER
–
Ds Beeuwen Gerryts (BA) (10/01/1936 – 22/08/2007)
Beeuwen Adriaan Gerryts is op 10 Januarie 1936 in die Strand gebore. Beeuwen het arm grootgeword en het van vroeg afgeleer om hard te werk, om sy talente te gebruik en om wyd te lees om ons skepping beter te verstaan. Hy het in die Hottentots-Holland-omgewing grootgeword en die pragtige omgewing van die Strand en Valsbaai het hom ge’inspireer om te skilder.
Hy het sy skoolopleiding aan die Laerskool Hendrik Louw in die Strand ontvang, en aan die Hoërskool Hottentots-Holland in Somerset-Wes gematrikuleer. In matriek het hy in ‘n landwye opstelwedstryd ‘n reis na Engeland gewen. Beeuwen was baie talentvol, hieroor skryf sy seun en naamgenoot: “Hy het op vroeë ouderdom sy kunstalent ontwikkel, en ook viool, sang en kunslesse geneem. In standerd vyf het hy sy eerste horlosie gekoop met geld wat hy verdien het uit die verkoop van klein skilderytjies. Beeuwen het in 1971 skilderklasse geneem by Otto Klar, en sy eerste uitstalling was in 1972. Die leermeester het ‘n blywende impak op Beeuwen se skilderkuns en tegniek gehad.”
Hy het egter geroepe gevoel om predi kant te word en die graad BA-Admissie aan die Uni-versiteit van Stellenbosch behaal. Hiema was hy student aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch, waar hy einde 1960 as proponent gelegitimeer is. Hy is in 1961 met handoplegging in die NG Gemeente Pretoria-Noord bevestig, en het tot einde 1974 daar gewerk. Van 1974 tot in 1982 was in die NG Gemeente Malvern in Durban werksaam, waar hy hom beywer het vir die veeldoelige kerkgebou wat in sy dienstyd ingewy is.
Op 30 Oktober 1982 het hy leraar van die NG Gemeente Wilgespruit te Wilropark in Roodepoort geword, waar hy na ‘n geseënde dienstyd sy emeritaat op 30 November 1998 aanvaar het. Een van sy kollegas, ds Andries van Rooyen, skryf: sy emeritaat het hy voortgegaan om ‘n deel van die senior lidmate in Wilgesprnitpastoraal by te staan met besoeke en Bybelstudie. Tot kort voor sy dood was hy ‘n gewilde instaan-prediker wat vele versoeke ontvang het om ook in ander gemeentes die Woord te bedien. Hy het dit geniet om Gods Woord op diepsinn ige man ier te bring, toegelig met staaltjies uit sy bedieningservaring. Hy was ‘n uiters begaafde en kreatiewe mens: sang, vioolspeel, skilder, fotografie en die buiteluglewe was belangstellings wat hom geboei het. Dit het van hom ‘n interessante en veelsydige predi kant gemaak. Vele huise spog met die vrug van sy skilderkuns: bosveldtonele, branders, kosmos, visserhuisies, stillewes – hetsy in pastel of in sy groot liefde, olieverf. Hy het dit vreeslik geniet om sy vaardighede te deel met ‘n groep kunsstudente, jonk en oud, wat nie net kunsklasse ontvang het nie, maar sommer ook lesse in lewenswysheid.”
Beeuwen is op 22 Augustus 1958 met Anna Loots (Annecke) Booysen getroud, en uit die huwelik is gebore: Beeuwen, Adriaan en Annchen. Sy groot sielsgenoot en lewensmaat, Annecke, het op 5 Junie 2007 gesterf, en dit was vir hom ‘n ongelooflike verlies wat hy moeilik verwerk het. Beeuwen skryf self in die begrafnisbrief: “Saam het ons gestreef om ons beste vir Jesus te gee. Mag Hy ons geringe pogings deur sy Gees heilig en vervolmaak.” Haar dood het ‘n enorme leemte in sy lewe geskep, meer as wat enige waarnemer van buite kon begryp. Sy kunssinnige geaardheid het hom weerloos gelaat en sy gestel was intens broos en kwesbaar. Op 22 Augustus2007 het hy in die ouderdom van 71 jaar sy eie lewe geneem.
‘n Troosdi ens is in die NG Gemeente Wilgespruit gehou,waaraan vier van sy vroeëre kollegas deelgeneem het: “Wilgespruit treur, want ons as kollegas en laaste gemeente waar hy die Here Christusverteenwoordig het, het ‘n geliefde medewerker verloor. Ons sal hom mis, totdat ons mekaar weer eendag sal sien by ons Here.” Sy kinders getuig: “Ons pa Beeuwen was ‘n talentvolle predikant met ‘n diep belangstelling in filosofie, die natuur, musiek en kuns. Hy het doelbewusprobeer om ook op dië maniere die koninkryk uit te bou.”