Gerber, Guillaume Francois

Ds. Gerber Guillaume

gebore

10 Sep. 1923

OORLEDE

23 Jul. 1994

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1948

ORDEN

1949

standplase

1949 Lichtenburg

1951 Lady Grey

1960 Uitenhage-Kanonheuwel

EMERITEER

Guillaume Francois Gerber (BA, BD) (10.09.1923 – 23.07.1994)

Ds Gerber is op 10 September 1923 in die distrik Piet Retief gebore. Hier voltooi hy sy skoolloopbaan en 1942 is hy na Pretoria waar hy in 1944 die BA-graad en in 1948 die BD-graad verwerf.

Ds Gerber het die Universiteit van Pretoria geruime tyd in hulle atletiekspan – twee jaar as kaptein – verteenwoordig. Hier, en vir ‘n aantal jare tydens sy bediening, het by met groot onderskeiding rugby gespeel.

Op 29 ApriL. 1949 tree hy in die huwelik met Marie Elise du Toit, kleindogter van domi nee H J L du Toit, eerste leraar van die NG gemeente Lichtenburg. Na hulle huwelik is by op 11 Junie 1949 as medeleraar van die NG gemeente Lichtenburg bevestig, waar die egpaar se oudste dogter, Marelise gebore is.

In 1951 aanvaar hy ‘n beroep na Lady Grey waar nog twee kinders, Marita en Guillaume, gebore is. In 1960 verhuis die gesin na die NG gemeente Uitenhage-Kanonheuwel waar hulle jongste seun, Jean, gebore is.

Op 7 ApriL. 1972 word hulle ontvang as medeleraarspaar in die NG gemeente Piet Retief, waar ds Gerber met groot vrug sou dien totdat hy op 11 September 1988 emeriteer. Kort na sy aftrede word hy verkies as ouderling en dien by ook in hierdie amp tot drie maande voor sy dood.

Sy bediening is gekenmerk deur volhardende toewyding aan sy roeping. Alles het hy met groot deeglikheid verrig: sy predi king, huisbesoeke en pastoraat en hy het hom ook beywer vir die daarstel en bestuur van Huis Immergroen, ‘n bejaardesorg-inrigting op Piet Retief. Met besondere wysheid het hy sy gemeente gelei in krisistye en met groot liefde beswaarde lidmate begelei om steeds die eenheid van die Here se kerk te bewaar. Op 23 Julie 1994 is ds Gerber, ook in sy laaste jare bekend as oom Liel, in sy huis op Piet Retief oorlede. Sy afsterwe het nie net sy vrou, tannie Marie, hulle vier kinders en dertien kleinkinders met hartseer en verlange agtergelaat nie, maar ook ‘n gemeente wat vir hom die hoogste respek en waardering gehad het. -Ds J P Buckle.