
Die eerste sendinghospitaal is op die tweede oudste sendingstasie van die Kerk, nl Saulspoort gebou.
Die hospitaal is vernoem na wyle eerw George P Stegmann, nie alleen omdat hy 36 jaar lank op hierdie stasie gearbei het nie, maar ook omdat hy en mev Stegmann uit hul erfenis £500 vir die bou van die hospitaal gegee het. Hierdie skenking het die eerste stoot gegee, daarna het harte en beurse oopgegaan. Met die nuwe saal wat in aanbou is sal die hospitaal plus-minus sewentig beddens kan voorsien. ‘n Sendingwerkster help ook met die geestelike bearbeiding van pasiënte.
BRON: NG Kerk Jaarboek 1952