Gebhardt, Johan WIlliam Ludwig * 1934

 

gebore

1 Mei 1934

OORLEDE

20 Mei 1984

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1959

ORDEN

1960

standplase

1960 Sasolburg-Wes

1964 Bethlehem-Wes

1966 Bethlehem-Eureka

1973 Wellington

EMERITEER

Ds Johan William Ludwig Gebhardt (1.5.1934-20.5.1984); wat sedert Junie 1973 die gewaardeerde leraar van Wellington was, beswyk op ‘n Sondagoggend vroeg in sy slaap aan ‘n hartaanval. Hy was ‘n plaasseun van Kuilsrivier, maar toe sy vader sterf toe hy self tien jaar oud is, verhuis die moeder met haar kinders na die Strand. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hottentotsholland en gaan toe na Stellenbosch waar hy tydens die eeufeesviering van die Kweekskool in 1959 tot die bediening toegelaat word. Daarna bedien hy Sasolburg-Wes, waar hy op 23.1.1960 georden en as eerste leraar van die gemeente bevestig is, en toe Bethlehem-Wes (1964) en Bethlehem-Eureka (1966, as eerste leraar van die toe pas afgestigte gemeente); voordat hy na sy laaste gemeente vertrek. Hy het veral as ‘n goeie prediker bekend gestaan. die teraardebestelling het plaasgevind op die terrein van die ou moederkerk waar daar reeds ‘n hele aantal leraars begrawe is. Hy het die Franse voorname van die familie se stamvader in ons land, ds Jean Guillaume Louis Gerbhardt van die Paarl (1810-1823); in veranderde vorm gedra.