Gaum, Eion Albert

 

gebore

08 Jul. 1927

OORLEDE

16 Jul. 1997

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1954

ORDEN

1955

standplase

Pretoria-Tuine

1960 Valhalla

1966 Vanderbijlpark

EMERITEER

Dr Eion Albert Gaum BA, DTh 08.07.1927 – 16.07.1997

Eion Gaum is in Germiston gebore en het ook daar grootgeword. Hy was die oudste van twee broers. Sy 90-jarige moeder was die enigste oorlewende uit die klein gesin en kon haar seun se begrafnis bywoon.

Nadat hy gematrikuleer het, het Eion sy BA-Admissie by aan die Universiteit van Pretoria behaal en sy teologiese opleiding op Stellenbosch voortgesit. Hy het ‘n groot liefde vir studie gehad en het ‘n MTh sowel as ‘n DTh verwerf. Sy doktorale studie in verband met die Oosterse Godsdienste was die uitloper van sy sendingwerk onder die Indiers wat begin het toe hy ‘n twaalfjarige seun was.

Hy leer ken vir Nonna Lotz, ‘ n boerenooi van Amersfoort, in Pretoria en hulle tree op 11 Februarie 1950 in die huwelik. Uit hulle huwelik word vier kinders gebore en twee van hulle studeer verder. Sy seun Johan bekwaam hom in die regte terwyl sy dogter, dr Suzette Gaum, as kliniese siel- kundige kwalifiseer.

In 1955 begin hy sy bediening in die nuutgestigte gemeente Pretoria-Tuine. Onder sy leiding word ‘n pastorie, ‘n kerkgebou en ‘n saal opgerig.

Toe hy en sy gesin in 1960 na Valhalla verhuis, is hy weer die eerste predikant enmoet hy opnuut baanbrekerswerk verrig ten opsigte van die fisiese strukture in die gemeente.

Weldra aanvaar hy ‘n beroep na Vanderbijlpark. Op 24 Januarie 1970 word hy in Villieria-Oos bevestig en op 9 Mei 1993 aanvaar hy sy emeritaat nadat hy 38 jaar in die bediening was. Die laaste nege maande moes hy die traumatiese ervaring deurmaak om grootliks sy gesigsvermoe te verloor weens ‘n seldsame en ongeneeslike oogsiekte. Hy was slegs vier jaar emeritus, want enkele maande voor sy afsterwe is longkanker gediagnoseer.

Benewens sy studie in die teologie wat sy eerste liefde was, het hy in sy jonger j are groot ems gemaak met jeugbediening.

Sy arbeid onder die `eendsterte’ in die laat jare vyftig was uniek. Verder het hy groot voorrang aan die pastoraat gegee en het hy geglo dat Woord- en gebedsbediening die twee onontbeerlike elemente daarvan vorm.

Eion Gaum was’n troue dienskneg van die Here en lojale seun van die kerk. Tog het hy nie geskroom om sy mening duidelik te gee nie. In ‘n sekere sin was hy ook ‘n individualis wat sy mening oor sake uitgespreek het selfs al sou hy as omstrede beskou kon word.

Dit was die voorreg van sy laaste twee medeleraars om hom ter ruste te lê. – (NJ Coetzee.)