gebore
24 Okt. 1916
OORLEDE
01 Aug. 1996
UNIVERSITEIT
BA; MA (US)
gelegitimeer
1945
ORDEN
1946
standplase
1946 Otjiwarongo
1956 Kakamas
1962 Lutzville
EMERITEER
–
Ds Cornelis Albertus Coetzee Gagiano MA 24.1O. 1916 – 01.08.1996
Hoewel hierdie vreemde van baie na Italiaans klink, was die stamvader van die Gagiano’ s eintlik ‘n Fransman, lid van die Keiserlike lyfwag van Napoleon op St Helena, wat na die dood van Napoleon na Suid Afrika geimmigreer het. Hy was die oupagrootjie van Cornelis Albertus Coetzee Gagiano wat op 24 Oktober 1916 in n matjieshuisie op die plaas Geselskapbank naby Springbok in Namakwaland gebore is. Die verarmde mense van Namakwaland was egter die Christelike boere-adel van daardie tyd. Daarom het sy moeder bely dat haar seun nie net gebore is nie, maar dat sy hom van die Here afgebid het. Hy groei dus op in ‘n vrome Christelike huis en omgewing.
Op agtjarige leeftyd (Junie 1924) begin by sy skoolloopbaan in ‘n plaasskooltjie te Mesklip, om dit tien jaar later in die Namakwalandse Hoërskool op Springbok met ‘n Senior Sertifikaat te voltooi. Omdat daar geen koshuis by Mesklip was nie, moes by met ‘n donkiekar skool toe gery het.
Reeds aan die einde van sy skoolloopbaan het by ‘n sterk roepingsbesef gehad en aan die begin van 1935 gaan hy met R120 (wat by bymekaar gemaak het deur die verkoop van sy diere) na die Universiteit van Stellenbosch om predikant te word. Dit was depressiejare en die geldjies het nie ver gekom nie en niemand wou hom help nie. Hy is toe maar weer terug plaas toe. Sy plan was toe om vir vyfjaar te boer en dan alles te verkoop en terug te gaan universiteit toe. Teen die einde van 1937 leen iemand tog wel aan hom geld en gaan hy terug om sy studies voort te sit. In 1940 behaal by BA en in Maart 1942 MA in Filosofie met ‘n tesis oor ‘Die verhouding tussen Materie en Gees’ (Matter and Mind); In 1944 doen by sy `kandidaateksamen’ en in 1945 sy proponent-eksamen – al hierdie prestasies met lof.
Deel van sy studievakke was die volgende tale: Hebreeus, Grieks, Latyn, Engels, Duits, Frans, Deens en Afrikaans- Nederlands. Hy het ook die BA Hons kursus in Afrikaans-Nederlands deurloop.
Filosoof in sy studies, bly hy egter realis in die lewe en met sy voete plat op die aarde. Op Stellenbosch huur by twee oop erwe. Daar begin by ‘n hoenderboerdery nadat by ‘n deeglike studie van hoenders gemaak het. Later het by selfs in die gemeente Otjiwarongo bekendheid verwerf vir sy besondere Leghorn-hoenders. Verder hou hy vir ‘n tydlank ‘n paar opregte karakoelskape op die erwe aan en neem hulle later na hulle plaas in Namakwaland as moontlik die eerste opregte stoet-karakoele van Namakwaland. Tydens ‘n vakansie ontwerp by ook ‘n unieke waterpomp wat met ‘n U-buis en ‘n hewel werk en wat hulle probeer om in sy naam geregistreer te kry in patente-kantoor in Pretoria. Hierdie praktiese plannernakery pas hy ook toe in sy gemeentes, veral in Otjiwarongo met onder andere gemeentebou, kerkbou en skoolsake. Vreemd genoeg egter, was by self onhandig en kon nie self sy planne uitvoer nie.
Hy publiseer ook ontwerpe en gedigte in die studenteblad en is ‘n kranige atleet wat reeds op skool orals eerste gekom het. Tydens die marathon-kampioenskap van 26 myl van die Westelike Provinsie, het die kampioen van daardie tyd horn gevra om om saam te hardloop as pas-aangeer. Die pas-aangeer het uiteindelik gewen en die nuwe kampioen geword. Toe hy in die O. 19-span gespeel het, het die bekende mnr Markotter horn ontbied na die eerste span – in daardie tyd ‘n onvergelyklike eer! Hy het selfs op ‘n kruispad gekom en moes ernstig kies tussen ‘n sportloopbaan en sy studies waaraan by so toegewyd was. Op Stellenbosch, toe die Teologiese Kweekskool ‘n eie wapen wou verkry, bestudeer by Heraldiek en word by die `vader’ van die Kweekskoolwapen. Hy ontwerp later ook heraldies-juiste skoolwapens en skryf die skoollied van die Hoërskool Otjiwarongo.
Hy is twee keer getroud. Eers met Elsie Magdalena Adriana Potgieter in 1945. Hulle neem twee kinders aan, Johan en Anita. Elsie is in November 1977 oorlede. Hy trou weer op 3 Februarie 1979 met Maria Catharina Glaudina Visser wat hy op Upington ontmoet het waar sy verpleegster was. Hulle het twee kinders, naamlik Cornelis Albertus Coetzee en Elmarie Jacoba.
Nadat by in 1945 gelegitimeer is, dien by eers in die gemeente Namakwaland as hulpprediker en word dan op 23 Maart 1946 georden op Otjiwarongo. Daar werk by tien jaar ondanks vele beroepe dwarsoor die land. Hy neem veral ‘n groot aandeel in onderwys- en skoolsake, ondemeem die bou van ‘n saal, ‘n kerkgebou, en ‘n kerkie te Imkerhof en help om ‘n hoerskool vir Otjiwarongo te verkry. Hy en sy vrou woon in daardie tyd in ‘n huis wat by ‘n Jood gehuur is en, baie gepas, het ‘n weergawe van die Tien Gebooie by elke buitedeur van die huis gehang. Hy help om daardie gemeenskap op te bou tot ‘n trotse en toonaangewende groep mense in die destydse Suidwes-Afrika.
Op 28 Julie 1956 word by bevestig op Kakamas. Daarna verhuis hulle op 23 Junie 1962 na Lutzville waar by op 31 Oktober 1976 emeriteer.
Na sy aftrede werk by vir die Hugenote-Kollege op Wellington as Streekdirekteur van Ontwikkeling. In hierdie hoedanigheid reis by saam met sy nuwe eggenote deur die hele land om gemeentes te besoek en groepe toe te spreek en geld in te samel sodat maatskaplike werkers opgelei kan word.
In sy latere jare was by ‘n baie sieklike man. Weens suikersiekte was by feitlik blind. Later kon by ook nie meer loop nie, en moes by in ‘n rystoel gestoot word. By het ook hartprobleme en prostaatkanker gehad en moes baie pyn verduur. Uiteindelik is by in die Vredendalse Hospitaal opgeneem en is daar oorlede op 1 Augustus 1996, twee maande voordat hy 80 jaar oud sou wees.
Hy was ‘n unieke, interessante, ondernemende mens met ‘n lieflike en geesdriftige geaardheid. Hy het ‘n sterk humorsin gehad. Vir sy kinders was hy besonder lief. Vir hulle was hy ‘n lekker pa’ . Dwarsdeur sy gesonde lewe was hy ‘n vinnige mens en n vroeg-opstaner. Hy was baie trots op sy Namakwalandse afkoms. Dieselfde trots het hy ook in die destydse Suidwesters help opbou. (DJ Viljoen, aan die hand van stukke en gegewens verskaf deur mev Ria Gagiano.)