Fuchs, John David

 

GEBORE

13 Mrt. 1917

OORLEDE

24 Sep. 1966

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1955

ORDEN

1956

STANDPLASE

1956 Napier

1960 Laingsburg

1965 Organiserende Sendingsekretaris, Kaapland

EMERITEER

Ds. John David Fuchs: Hy is op 13 Maart 1917 in Bredasdorp gebore. Na sy skoolopleiding op Heidelberg, K.P., en Observatory het hy eers vir ‘n assuransiemaatskappy gewerk, en daarna by die S.A.U.K. In 1950 is hy na Stellenbosch om in die teologie te studeer, waar by in 1955 gelegitimeer is. Hy het agtereenvolgens die gemeentes Napier en Laingsburg bedien, en in 1965 Organiserende Sendingsekretaris van die Kaapse Kerk geword. Hy is op 24 September 1966 skielik aan ‘n hartaanval oorlede in die ouderdom van slegs 49 jaar (Jaarboek 1967/564).