Froneman, Benjamin

 

GEBORE

OORLEDE

14 Jul. 1945

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1912

ORDEN

1915

STANDPLASE

 Bulawayo

1918 Bethal

EMERITEER

Eerw. Benjamin Froneman is in 1912 as sendeling toegelaat. Sy eerste werksaamheid hierna was te Calvinia. Hy het hom egter geroepe gevoel tot die Buitelandse sendingwerk en so is hy op 21 Februarie 1915 te Bulawayo georden. Hy het meer bepaald te Lusaka gewerk. In 1918 het ‘n beroep na Bethal aangeneem alwaar hy op 23 Junie bevestig is. Hy was ‘n nederige, beskeie,. toegewyde en beminlike dienskneg van die Here. Hy was innig vroom en hoewel hy nie veel op vergaderings gepraat het nie, kon dit altyd gevoel word dat sy woorde uit die diepte van sy oortuiging kom. Hy was getrou in sy arbeid en die heil van onsterflike siele het by hom baie swaar geweeg. Vir nagenoeg 33 jaar het hy die las en die hitte van die dag gedra in die sendingarbeidsveld. Die ewigheid alleen sal eendag openbaar wat hy tot stand gebring het as getroue dienskneg van die Meester. Hy is saggies heen op 14 Julie 1945.