GEBORE
20 Nov. 1931
OORLEDE
2 Sep. 2012
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1962
ORDEN
1963
STANDPLASE
1963 Keimoes
1966 Melville
1969 Johannesburg
1973 demissie, verdere studie
1975 Standerton
1979 Johannesburg-Oos
1986 Warmbad-Wes
EMERITEER
–
Ds Steyn Fourie 20 November 1931 – 2 September 2012
Marthinus Theunis Steyn Fourie is op 20 November 1931 op Villiers in die Noord-Vrystaat gebore. Sy grootouers en ouers is Vrystaters in murg en been en hulle boer in diê distrik. Sy ouers is JGJ (Koos) Fourie en EAS (Bessie) Caimcross. Sy familie het ‘n heldeverering vir oudpresident MT Steyn, en dit is een van die redes waarom hy na volksheld vernoem word.
Steyn deurloop sy laerskooljare op Standerton en matrikuleer in 1949 aan die Harskool Heidelberg in Transvaal, waar hy ‘n kringleier is by die skool se CSV. In sy jeugjare is hy lief vir boerdery, jag en hy speel graag viool. Hy studeer op Potchefstroom en word ‘n jaar lank onderwyser aan die Hoërskool Standerton; daarna boer hy op ‘n plaas in die distrik. Hy trou op 18 Desember 1954 met Annanda Zeeman, ‘n onderwyseres van Johannesburg. Na twee jaar ontvang hy ‘n duidelike roeping om predikant te word en sy pad loop in 1956 na Stellenbosch, waar hy die vereistes behaal om in 1959 toegang te kry tot die Kweekskool op Stellenbosch. Na vier gelukkige jare word hy op 6 Desember 1962 as proponent van die NG Kerk gelegitimeer en hy ontvang ‘n beroep na die NG Gemeente Keimoes.
Prop Steyn Fourie word op 9 Februarie 1963 met handoplegging op Keimoes ontvang en bevestig; die rede word gelewer deur prof TN Hanekom. Hier werk die egpaar totdat hy in 1966 ‘n beroep aanvaar na die NG Gemeente Melville in Johannesburg. In 1969 word hy leraar in die NG Gemeente Braamfontein, Johannesburg, waar hy tot 1973 werk. Hy werk hard in die hart van die Goudstad, waar sy gemeentebediening onder meer bestaan uit krisispastoraat. Daar word ook genoegsame aandag aan jeugbediening gegee en baie jong mense kom in ‘n nuwe verhouding met die Here tydens die bergklim- en natuur-uitstappies wat ds Steyn Fourie vir hulle reël en saam met hulle aanpak.
In 1973 verleen die kerkraad van Braamfontein aan hom demissie vir verdere studie. Later aanvaar hy ‘n beroep na die NG Moedergemeente Standerton, waar hy op 12 ApriL. 1975 bevestig word. ‘n Staaltjie word vertel
van hoe hy op ‘n dag sy kollegas na ‘n ringsitting op Piet Retief moes neem, en dat hy so haastig was en so vinnig gery het dat die dominees na die ringsitting ander planne gemaak het om by die huis te kom.
Steyn se hart lê in Johannesburg, en op 12 Januarie 1979 keer hy weer terug as leraar van die NG Gemeente Johannesburg-Oos (Irenekerk); Hier werk hy en sy vrou baie hard en allerlei planne word beraam om die jeug te bereik. Tydens ‘n gesprek tussen ds Dewet Brits en ds Steyn Fourie word die Middestad Evangelisasie- en Sendingaksie (MES) gebore ‘n saak wat vir hom tot die einde belangrik sou bly. Met sy jare lange ervaring besefhy dat dit ‘n bedieningspatroon is wat groot moontlikhede inhou.
Hiema loop ds Steyn Fourie se pad na die NG Gemeente Warmbad-Wes, waar hy op 31 Oktober 1986 bevestig word. Hier werk hy tot met sy emeritaat in 1989, toe hy op 58-jarige ouderdom finaal uit die gemeentebediening tree. Hy en sy vrou vestig hulle op die plaas Modderspruit naby Warmbad in die Waterberge, en hy ontwikkel die plaas in ‘n wild- en natuuroord.
Die egpaar het ook ‘n woonplek in Faerie Glen in Pretoria en hulle pendel tussen die plaas en die woonplek in die stad – totdat Steyn emstig siek word. Nou word hy by Huis Herfsblaar in Queenswood verpleeg, waar hy op 2 Oktober 2012 sterf. ‘n Treffende diens word op 7 September 2012 in die NG Gemeente Valleisig gehou; die prediker is prof Dirk Human, terwyl ds Jan van den Berg van Queenswood ‘n huldeblyk namens die kerk bring.
Uit Steyn se huwelik met Annanda is drie seuns gebore: HJZ Fourie, wat in 1988 sterf; JGJ Fourie, wat in 1993 sterf; MTS Fourie is ‘n argitek en ontwikkelaar en woon in Bryanston,
Johannesburg. Annanda skryf in die begrafnisbrief: “Steyn, vanaf ons matriekjaar was jy die man van my hart, vir 67 jaar. Jy was die pa van ons drie seuns. Jy laat diep spore na in die lewe van j ou eie mense en van tallose mense wat jy gehelp het om koers aanpassings te maak.” – Dr Gerdrie van der Merwe VDM