Fourie, Marthinus Christoffel

Ds. Fourie Marthinus

GEBORE

04 Mrt. 1915

OORLEDE

20 Apr. 2008

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1944

ORDEN

1945

STANDPLASE

1945 Ladybrand

1947 Smithfield

1953 Hertzogville

1960 Germiston-Suid

1963 Parys-Wes

EMERITEER

Ds Christie Fourie (BA) (04/03/1915 – 20114/2008)

Marthinus Christoffel Fourie is op 4 Maart 1915 op die plaas Driehoek by Volmoed in die distrik Oudtshoom gebore. Sy vader, Marthinus Christoffel Fourie, was bekend as ‘n baas-kaasmaker. Sy moeder was Gertruida Elizabeth van Zyl. Sy ouers was lidmate van die NG Moedergemeente Oudtshoorn, met die bekende ds PJ Viljoen as predikant. Sy skoolopleiding het in 1922 op Armoed begin, en in 1935 het hy aan die Hoër Seunskool op Oudtshoorn gematrikuleer. As kranige sportman was Christie twee jaar lank die Victor Ludorum. Hy het ook vir die Suidwestelike Distrikte rugby gespeel, en sy bynaam was Dommies Fourie.

Tussen 1936 en 1940 het hy die BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, en in 1945 is hy as proponent gelegitimeer. Hy het ook ereklere in rugby by Maties gekry. Boonop was hy ‘n stigterslid van die Jukskeiklub.

Christie is op 17 Maart 1945 met Anna Maria Margaretha de Swardt getroud, ‘n ge- kwalifiseede onderwyseres en dogter van dr en mev AH de Swardt. Hy is op 7 Julie 1945 met handoplegging in die NG Gemeente Ladybrand bevestig en op 2 Augustus1947 weer as predikant in die NG Gemeente Smithfield. ProfGBAGerdener berig soos volg: “Hy en sy eggenote het vol moed die groot taak aanvaar. Hulle hart is nog jonk en daar is geesdrif om te bou. Dit is hulle voorregom die eeufees aan die begin van hulle Smithfield-bediening te hë.” Ds Christie skryf: “As ek Smithfield-gemeente in herinnering roep, dan sien, hoor en ken ek ‘n meelewende gemeente. Vir die uitbreiding en instandhouding van God se gemeente het die lidmate hartlik saamgewerk. Met die eeufees was daar tien vlotte wat elke tien jaar van die gemeente se bestaan histories uitgebeeld het. Wat ‘n gesig was dit om die twaalf dopelinge voor die doopvont te sien verskyn.”

Na Smithfield is hy op 14 Februarie 1953 leraar van die NG Gemeente Hertzogville bevestig. Van 1960 af was hy en sy egge- note die leraarspaar van die NG Gemeente Germiston-Suid, en in 1963 het hy ‘n beroep na die NG Gemeente Parys-Wes aanvaar. In 1967 het hy leraar van die NG Gemeente Roodepoort-Noord geword, en vroeg in 1974 het hulle na die NG Gemeente Elandsfontein (tans Dunw iddie) verskuif, waar hy aan die begin van 1980 afgetree het.

Na hulle aftrede het die egpaar hulle op die erfplaas Emmamaretha in die distrik Brand- fort gevestig. Ds MC Fourie het hom op die boerdery toegespits en was ook kerkraadslid. Hiema het hullena die Westerbloem-afireeoord in Bloemfontein getrek. Die egpaar het twee k inders, ‘n seun en dogter. Ebenhaeser Chris- toph Fourie het in sy pa se voetspore gevolg, en predikant in onderskeidelik die NG Gemeentes Porterville, Kroonheuwel-Noord en

Rustenburg-Proteapark geword, voordat hy in 2004 sy emeritaat aanvaar het. Marianne Margaretha Fourie is later getroud met dr J Botha en hulle woon op George. Ds MC Fourie het op 20 April 2008 gesterf.