Fourie, Louis Johannes

 

GEBORE

12 Okt. 1882

OORLEDE

24 Jan. 1941

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1912

ORDEN

1913

STANDPLASE

Jeppestown

1921 Middelburg (Kaap)

EMERITEER

1938

Ds. Louis Johannes Fourie is op 12 Oktober 1882 in die distrik van Fouriesburg, 0.V.S., gebore. As jong seun het hy ook by die kommando’s van die Tweede Vryheidsoorlog aangesluit. Ongelukkig is hy as krygsgevangene saam met sy vader na Ceylon verban. Na die vrede en sy terugkeer in die vaderland het hy besluit om predikant te word. Sy opleiding het hy te Stellenbosch, Princetown en Amsterdam ontvang en is in 1912 gelegitimeer. Vir ‘n kort tydjie was hy as hulpprediker werksaam te Graaff-Reinet en Pretoria, en is hy in sy eerste gemeente, Jeppestown, in Augustus1913 georden en bevestig. Vir agt jaar het hy hier met onvermoeide ywer gearbei en toe ‘n beroep na Middelburg (Kaap) in 1921 aangeneem. Die belange van die gemeentelede was sy belang en hy het hom heelhartig gewy aan die arbeid vir sy Meester. Hy was benewens herder en leraar by uitstek organisator. Dit het die organisasie in al sy werksaamhede bewys. In die reëling van werksaamhede, dienste, feeste en vergaderinge het die tekswoorde: „Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan,” as vaste reël gegeld. In die musiek het hy hom verlustig en kon hy met ‘n pragtige stem sy lofsange sing. Aan Middelburg het hy groot dienste bewys. In 1938 moes hy weens swakke gesondheid sy emeritaat aanvra. Op 24 Januarie 1941 is, hy sag ontslape. + 23 Jan 1941