Fourie, Johannes Lafras

 

GEBORE

16 Jul. 1903

OORLEDE

26 Apr. 1957

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1929

ORDEN

1930

STANDPLASE

McGregor

1943 Hopefield

EMERITEER

Ds. Johannes Lafras Fourie is op 16 Julie 1903 gebore en in 1929 tot predikant gelegitimeer. Die volgende jaar is hy in die gemeente McGregor bevestig, waar hy geseënde werk verrig het. In 1943 het hy ‘n beroep na die gemeente Hopefield aangeneem, waar hy met groot vrug gearbei het tot sy skielike heengaan op 26 ApriL. 1957 in die ouderdom van 53 jaar. Tydens sy bediening het hy op verskeie kerklike en ander liggame gedien, en het hy naas sy geestelike werk veral die skool en die opvoeding op die hart gedra. Van hom word getuig dat hy ‘n herder by uitnemendheid was wat die skape van sy kudde geken en liefgehad het. Die herinneringe aan sy opofferende en biddende lewe leef voort.