GEBORE
07 Sep. 1923
OORLEDE
14 Apr. 1993
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1948
ORDEN
1949
STANDPLASE
Port Elizabeth-Suid
1961 King William’s Town
1958 Parow-Suid
1962 Hennenman-Oos
1964 Sasolburg
EMERITEER
–
Ds Johannes Jacobus Uys Fourie (BA Hons) (07.09.1923 – 14.04.1993)
Ds Johannes Jacobus Uys Fourie is ‘n Vrystaatseun, gebore op 7 September 1923 te Kestell naby Bethlehem. Sy vader was ‘n boer in die omgewing waar die jonge Johannes grootgeword en skoolgegaan het. Hy was leerling van die Retief-Hoërskool op Kestell.
Hy studeer van 1941-1944 aan die UOVS te Bloemfontein en daarna aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch waar hy op 4 Desember 1948 as proponent gelegitimeer is.
Op 26 November 1949 word hy as predikant van Port Elizabeth-Suid georden. Ander gemeentes waar hy predikant was, is: King William’s Town (1951); Parow-Suid (1958); Henneman-Oos (1962); Sasolburg (1964); Kroonstad (1967) (met opdrag gevangenes) en Wepener (1974) waar hy op 2 Desember 1988 emeritaat aanvaar.
As studen t in Bloemfontein was hy sekretaris van die studenteraad en voorsitter van ‘n huiskomitee. Hy was ook voorsitter van ‘n Kerkjeugvereniging, bestuurslid van die Calvinistiese Bond en sekretaris van ‘n rugbyklub. Op Stellenbosch was hy bestuurslid van die Konfessionele Studiekring. In die Kaap was hy lid van die Algemene Sendingkommissie en in die Vrystaat lid van die Sinodale Kommissie en die Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid.
Die jong proponent is op 10 September 1949 in die huwelik bevestig met Jacomina Cornelia de Kock, ook uit ‘n boeregesin. Uit die huwelik is vier seuns gebore.
Ds Fourie is op 14 ApriL. 1993 op Ventersburg oorlede.
(-I L Ferreira)
Ds Johannes JacobusUys Fourie (BA Hons) (07.09.1923 – 14.04.1993)
Ds Johannes JacobusUys Fourie is ‘n Vrystaatseun, gebore op 7 September 1923 te Kestell naby Bethlehem. Sy vader was ‘n boer in die omgewing waar die jonge Johannes grootgeword en skoolgegaan het. Hy was leerling van die Retief-Hoërskool op Kestell.
Hy studeer van 1941-1944 aan die UOVS te Bloemfontein en daarna aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch waar hy op 4 Desember 1948 as proponent gelegitimeer is.
Op 26 November 1949 word hy as predikant van Port Elizabeth-Suid georden. Ander gemeentes waar hy predikant was, is: King William’s Town (1951); Parow-Suid (1958); Henneman-Oos (1962); Sasolburg (1964); Kroonstad (1967) (met opdrag gevangenes) en Wepener (1974) waar hy op 2 Desember 1988 emeritaat aanvaar.
As student in Bloemfontein was hy sekretaris van die studenteraad en voorsitter van ‘n huiskomitee. Hy was ook voorsitter van ‘n Kerkjeugvereniging, bestuurslid van die Calvinistiese Bond en sekretaris van ‘n rugbyklub. Op Stellenbosch was hy bestuurslid van die Konfessionele Studiekring. In die Kaap was hy lid van die Algemene Sendingkommissie en in die Vrystaat lid van die Sinodale Kommissie en die Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid.