Fourie, Johannes Jacobus Christoffel

 

GEBORE

2 Des. 1883

OORLEDE

18 Nov. 1947

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1907

ORDEN

1908

STANDPLASE

Krugersdorp

1910 Seleka

1917 Mochudi

1920 Kenhardt

1925 Britstown

1939 Die Slot

1946 Saron

EMERITEER

Eerw. Johannes Jacobus Christoffel Fourie is ‘n seun van Smithfield waar hy op 2 Desember 1883 gebore is. Sy teologiese opleiding het hy aan die Sending-Instituut te Wellington ontvang en aan die einde van 1907 is hy gelegitimeer. In 1908 is hy te Krugersdorp, sy eerste gemeente, georden en bevestig. Na ‘n bediening van byna twee jaar is hy in 1910 na Seleka. Verder het hy in die volgende gemeentes gearbei: Mochudi (1917-1920); Kenhardt (1920-1925); Britstown (1925-1939); Die Slot (1939-1946); en Saron (1946-1947); Hy was geseën met besondere gawes en vroeg reeds is dan ook besef dat hy self ‘n gawe van die Here aan die Sendingkerk is. ‘n Kenmerk van sy lewe was beskeidenheid maar sy Iiefdevolle geaardheid, opvallende netheid en getrouheid het die aandag getrek en so was hy geroep om die Sendingkerk te dien eers as Scriba en daarna as Actuarius. Sy lewe was gewy aan die werk van sy Meester en vir die heilsarbeid van siele het hy alles veil gehad. Sy bediening was derhalwe geseënd en vrugbaar. Hy is op 18 November 1947 oorlede.