Fourie, Jacobus Johannes Van Niekerk

 

GEBORE

12 Sep. 1911

OORLEDE

 22 Jun. 1979

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1939

ORDEN

1943

STANDPLASE

 1940 Ladismith, K.P. (Hpr.)

1942 Montagu (Hpr.)

1943 McGregor

1948 Sonnekus

1959 Daniëlskuil

1962 Virginia

EMERITEER

1969

Ds Jacobus Johannes Van Niekerk (Kosie) Fourie (12.9.1911 – 22.6.1979) word 1939 na voltooiing van die teologiese kursusaan die Stellenbosse Kweekskool gelegitimeer. Daarna is hy hulpprediker in die Klein Karoo-gemeentes Ladismith (waar hy 1940 georden is) en Montagu (1942); totdat hy 4.9.1943 as leraar van McGregor bevestig word. In 1948 word hy die eerste leraar van Sonnekus(Milnerton); waar hy meer as tien jaar bly. Finansiëel kry hierdie jong gemeente swaar, maar deur die leraarspaar se onvermoeide ywer word daar baie tot stand gebring, en met vreugde gearbei. Na sowat drie jaar in Danielskuil (1959-1962); gaan hy na Virginia, waar hy na sewe jaar van harde maar ook geseënde werk in 1969 weens gesondheidsprobleme die tuig neerlê. Toe daar beterskap intree, stel hy hom egter vir tydelike hulp beskikbaar. Hoewel klein van persoon, was hy groot van gees, terwyl hy beskeie en vriendelike geaardheid hom oral geliefd gemaak het. Die bediening en alles wat daarmee saamhang, was vir hom deurgaans ‘n saak van groot erns. Sy prediking is deur suiwere Skrifuitleg gekenmerk en hy het steeds getrag om die volle raad van God te verkondig. (Jaarboek 1980/244).