GEBORE
12 Mrt. 1956
OORLEDE
22 Des. 2008
UNIVERSITEIT
BA, Dipl Teol., LL.B
GELEGITIMEER
–
ORDEN
–
STANDPLASE
–
EMERITEER
–
Hendrik Johannes Gert Fourie is op 12 Maart 1956 in Vereeniging gebore. Sy vader, Pieter Frederik Fourie, was ‘n fabrieksbestuurder en sy moeder was Magdalena Petronella Rust. Henk en sy suster, Ida, het in ‘n godvresende ouerhuis grootgeword, waar deernis en liefde sterk ankers gegee het. Hierin het sy grootouers, ooms, tannies, neefs en niggies ‘n rol gespeel, en binne hierdie milieu het hy van kleins af die Here geken en gedien. Henk is deur sy ouers ondersteun in alles wat hy gedoen het, van kleins af tot met sy dood op 52-j arige ouderdom.
Henk het sy skoolloopbaan aan die Laerskool Roodstuine in Vereeniging begin en in 1973 aan die Hoërskool Vereeniging gematrikuleer. Hy was baie lief vir sport en het ook as redenaar presteer. Hy was onder meer landwyd tweede in die ATKV-redenaarskompetisie. Henk was ook betrokke by koorsang, operette en orrelspel. Tydens ‘n skoolverlaters kamp in matriek by Bad-se-loop het hy die roeping ontvang om predikant te word.
In 1974 het hy aan die Potchefstroomse toegelaat en het sy werk as tentmakerleraar voortgesit. Sy vrou E1sab skryn “Hy het in hierdie tyd nooit getwyfel oor sy roeping as predikant nie, en het werklik begeer om weer voltyds in die bediening te staan. Hy was betrokke by die Sinodale Regskommissie van die Sinode van Wes-Transvaal, ook by die Algemene Taakspan Regte en die laaste deel van sy lewe as aktuariusvan die Sinode van Wes-Transvaal.”
Aan die einde van November 2008 het ds Henk ernstig siek geword. Hy het ‘n beroerte gekry, en ‘n hartklep wat hy 26 jaar tevore as 26-jarige ontvang het, het probleme gegee en moes vervang word. Ds Henk Fourie is op 22 Desember 2008 oorlede, direk na die aorta klepvervanging, ‘n groot skok vir sy gesin, gemeente en die kerklike gemeenskap. Ds Jasper Louw het op 24 Desember 2008 ‘n dankdiens in die NG Gemeente Vanderbijlpark-Tuine waargeneem. Uit sy huwelik met Elsabé’ is drie kinders gebore: Pieter, ‘n prokureur in Sasolburg; Pierre, ‘n geoktrooieerde rekenmeester in Johannesburg en Anica, wat haar BCom behaal het en tans regte studeer.
Leierouderling Corrie Botha getuig: “As predikant het hy homself onderskei met sy merkwaardige Bybelkennis en sy eie besonderse aanbiedingstyl. As gemeente het ons hom geken as ‘n man wat hom nie laat beïnvloed het deur verkeerde en onetiese hedendaagse invloede nie, maar as iemand wat hom werklik laat lei het deur die Heilige Gees. ‘n Man wat meestal gelag het, wat die vreugde en humor van hierdie lewe kon insien en waardeer. Met sy diep gegronde Skrif insig en regskennis, was hy vir almal in die gemeente altyd beskikbaar as raadgewer, vertrooster,
Iti M en 1.1 i i14)(1
Universiteit vir CHO begin studeer en die graad BA (Admissie) met geskiedenis en internasionale politiek as hoofvakke behaal. Aan die begin van 1977 het hy sy studies aan die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Teologie (Afd. B) voortgesit, en die Diploma in Teologie behaal. Aan die einde van 1980 is hy as proponent gelegitimeer. Reeds as student is hy met Elsab Keev, ‘n onderwyseres, getroud.
Proponent Henk Fourie is op 14 Maart 1981 met handoplegging in die NG Gemeente Albertyn in Ellisras bevestig, waar hy sterk tot die jeug gespreek en intens betrokke was by die bou van die destydse CMR-kantore op die kerkterrein en die inwyding van ‘n nuwe orrel. In die lente van 1983 het hy ‘n beroep na die NG Gemeente Vanderbijlpark- Tuine aanvaar, waar hy op 14 Oktober 1983 bevestig is. In hierdie gemeente het hy 25 jaar lank, tot met sy dood, gewerk. Hy was onder meer met groot ywer betrokke by die oprigting van ‘n saal en kategeselokale en het ook ‘n rol in ring sake gespeel. In die laat negentigerjare het ‘n ramp die gemeente getref toe ‘n derde van die kleinhoewes uitgekoop is weens waterbesoedeling en die gemeente derhalwe so verklein het dat hulle nie meer ‘n leraar kon bekostig nie. Ds Henk het dusin 2002 aangebied om as tentmaker te werk.
Intussen het hy in die regte gestudeer en die LLB-graad behaal. Sy skripsie tema was: “‘n Kritiese beoordeling van die verhouding tussen predikant en kerk in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, met spesifieke verwysing na die Kerkorde van 1998, beoordeel teen die lig van die arbeidswetgewing van die Republiek van Suid-Afrika.”
Ds Henk is in 2003 as advokaat bemoediger, maar ook waar nodig, blatant eerlik in sy teregwysing. Ons mis hom, maar in die jare wat verby is, het hy ons ook opgevoed en geleer om selfstandig onder die beheer van ons Meester te kan voortgaan. Hy het die kerkraad en lidmate van die gemeente bemagtig om self die werk te doen.”