GEBORE
1757
OORLEDE
25 Okt. 1822
UNIVERSITEIT
Leiden
GELEGITIMEER
1781
ORDEN
–
STANDPLASE
1781 Kaapstad
EMERITEER
–
Ds. Christiaan Fleck, (1781) Kaapstad 1781-1822, obiit 25 October 1822.
Christiaan Fleck is in 1781 in Kaapstad gebore. Hy voel reeds vroeg geroepe tot die bediening en vertrek na Holland om aan die Instituut van Leiden teologie te studeer. Na die afsterwe van ds Kroonenburg versoek die Kaapse regering dat hy aangestel word. Hy was slegs 24 jaar oud. Op 18 Februarie 1781 lewer hy sy intreepreek in die Groote Kerk, Kaapstad. Na slegs twee jaar ontvang hy ‘n beroep na Drakenstein, maar gelukkig vir sy gemeente bedank hy dit. Hy beywer hom vir die vryheid van die kerk, die herinstel van die Gekombineerde Kerkvergadering, vrye keuse van kerkraadslede en die oprigting van ‘n vrye skool waar die onvermoëndes gratis onderwys ontvang. Hy laat twee preekbundels na: Christus de Geliefde des Vadersgenegen om zondaars te ontvangen of voorstel van den dierbaren en veiligen verzoeningsweg, geschetst in eenige leerreden, en ook Leerreden over verschillende onderwerpen. Hy stig hierna ook die Bybelvereniging. Hy het nog ‘n kwartier voor sy dood take van die Vereniging met die sekretaris bespreek en toe saggies in sy dogter mev Smuts se arms gesterf.