GEBORE
12 Sep. 1910
OORLEDE
2 Apr. 1984
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1932
ORDEN
1934
STANDPLASE
Sandveld
1939-1941 Port Elizabeth
1943 Zuurbraak
1946 Uit bediening
1963 Saakgelastigde Johannesburg-Oos (Irenekerk)
1965 Beroepbaar
1966 Middelvlei
EMERITEER
–
Francis Alexander Finlay (12.9.1910- 2.4.1984); seun van ‘n Ierse vader, is na ‘n lang dienstyd as sendeling, predikant en skriba-kassier oorlede. Na sy toelating tot die bediening in die Sendingkerk in 1932 op Wellington, word hy in 1934 leraar van die gemeente Sandveld wat in 1932 gestig is. Van 1939 tot 1941 staan hy in Port Elizabeth en van 1943 af in die ou gemeente Zuurbraak aan die voet van die pragtige Langeberge tussen Swellendam en Heidelberg, totdat hy in 1946 uit die bediening tree. Voordat hy twintig jaar later na die bediening terugkeer om leraar van die Moederkerkgemeente Middelvlei aan die Wes-Rand te word, is hy skriba-kassier van Johannesburg-Oos (Irenekerk) en sedert hy op 19.1O. 1980 afgetree het, dien hy ook in die hoedanigheid in Randfontein-Noord.