Fick, Marthinus Laurentius

 

GEBORE

OORLEDE

29 Jan. 1956

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1888

ORDEN

1889

STANDPLASE

Potchefstroom

1919  Armblanke-kom., TVL.

EMERITEER

1924

Ds. Marthinus Laurentius Fick is in 1888 gelegitimeer. Sy eerste gemeente was Potchef-stroom, waar hy van 1889 tot 1919 met groot seën gearbei het. Gedurende hierdie dertig jaar het hy hom in die besonder beywer vir die saak van die opvoeding en onderwys, veral van die minderbevoorregte kind. In 1919 het hy die eerste Armesorgsekretaris van Transvaal geword en in 1924 het hy die politieke terrein betree: hy was dertien jaar lank Volksraadslid. Daarna het hy in die Strand gaan woon, waar hy op 29 Januarie 1956 oorlede is ‘n paar dae voor sy 93ste verjaardag.