GEBORE
21 Mei 1925
OORLEDE
5 Okt. 1985
UNIVERSITEIT
Sending Inst.
GELEGITIMEER
1951
ORDEN
1952
STANDPLASE
1952 Katete, N.R.
1953 Volksrust
1957 Clanwilliam
1959 Gamtoosvallei
1970 Hopefield
1975 Eppingtuin
EMERITEER
–
Ds Andre Tiran Ferreira (21.5.1925 – 5.10.1985) het, ‘n bediening van ruim 22 jaar in vyf sendinggemeentes, in Januarie 1975 leraar van die NG Kerkgemeente Eppingtuin (later Ruyterwacht) naby Kaapstad geword, waar hy tien jaar en nege maande later onverwags sterf. Hy was ‘n seun van Humansdorp en in daardie distrik geniet hy sy vroeë skoolonderrig aan twee plaasskole, voordat hy die orige vier jaar van sy skoolloopbaan aan die hoërskool op die dorp deurbring. Na die voltooiing van die kursus aan die Sendinginstituut in 1951 gelegitimeer, word hy in Julie 1952 met handoplegging as leraar van die sendinggemeente Katete in Noord- Rhodesië (nou Zambië) bevestig. Vervolgens staan hy eers in die gemeente Volksrust (1953) van die Transvaalse NG Sendingkerk (later NGKA Noord- Transvaal) en toe in Clanwilliam (1957); Gamtoosvallei (1959) en Hopefield (1970) in Kaapland. Sy lewe is deur opregtheid en offervaardigheid in die Meester se diens gekenmerk. Verder was hy ‘n ernstiggestemde leraar, wat hom blykbaar diep oor die swak geldelike toestand van sy laaste gemeente bekommer en waarskynlik as gevolg daarvan meermale erg bedruk geraak het.