Feenstra, Roelof Johannes Buchner

Ds. Feenstra Roelof

GEBORE

16 Feb. 1880

OORLEDE

8 Aug. 1962

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1908

ORDEN

1909

STANDPLASE

Kroonstad (Hpr.)

1910 Nieu-Bethesda

1921 Benoni

EMERITEER

1945

Roelof Johannes Ruchner Feenstra is op 16 Februarie 1880 in Kaapstad gebore. Op 18-jarige leeftyd het hy gaan skoolhou, en ‘n paar jaar later ‘n betrekking in die Posspaarbank aanvaar. Deur private studie het hy die Admissie-eksamen afgelê en daarna na die Kweekskool op Stellenbosch gegaan, waar hy in 1908 gelegitimeer is. Sy eerste werkkring was as hulpleraar op Kroonstad. ln 1911 is hy na Nieu-Betesda en tien jaar later na Benoni, waar hy baanbrekerswerk aan Oos-Rand verrig het. In 1945 het hy sy emeritaat aanvaar. Hy was o.a. lid van die Gesamentlike Musiekkommissie en die Gesamentlike Revisiekommissie i.v.m. die Afrikaanse Psalmen Gesangboek, en komponis van een van die wysies van Ges. 131. Hy is op 8 Augustus1962 in die ouderdom van 82 jaar oorlede.