Faure, Hendrik Emmanuel

 

GEBORE

23 Aug. 1847

OORLEDE

16 Des. 1926)

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1872

ORDEN

1875

STANDPLASE

1875 Stockenstrom

EMERITEER

Ds. Abraham Faure, B.A.: 23 Augustrus 1847 Junie 1927. Ons Kerk het in die afgelope jaar sy oudste diensdoenede predikant, in die persoon van ds. Abraham Faure, van Stockenström, verloor. Hy was tewens die enigste oorblywende wat nog ‘n bydrae tot sy salaris uit die landskas ontvang het. Geboortig uit Stellenbosch het Abraham Faure sy voorbereidende studie geniet aan die ou Suid-Afrikaanse Kollege, waaruit hy in 1869 die sogenoemde Twedeklas-Sertifikaat in Letterkunde en Wetenskap wat, voor daar ‘n Uniwersiteit was, die Raad van Eksaminatore uitgereik het, verwerf het. Later is aan alle besitters van hierdie sertifikaat die B.A.-graad van die ou Kaapse Uniwersiteit ad eundum, gradum toegeken. Die jong Faure het sy teologiese kursusaan die Kweekskool op Stellenbosch voltooi, en is op 7 November 1872 gelegitimeer, met S. J. du Toit, B. B. Keet en D.P. Ackerman as tydgenote. Enige jare (1873 tot 1875) het hy as proponent die betrekking van rektor van ‘n skool wat ds. G. W. Stegmann, Sr., op Adelaide opgerig het, beklee. In 1875 het hy ‘n beroep aangeneem na die gemeente Stockenström, in opvolging van sy swaer,ds. Rosa Pieterson, wat later dokter in die medisyne geword het en as predikant-dokter die gemeente Maclean tot aan sy dood in 1881 bedien het. Aan ds. Faure se ordening en bevestiging op die 15de Mei op die dorpie Hertzog, wat die middelpunt is van die gemeente Stockenström en so heet na die landmeter D.W. Hertzog, grootvader van genl. J.B.M. Hertzog, het verskillende predikante deelgeneem, van wie nog slegs die destydse konsulent, die hooggeagte ds. W.A. Joubert, in die lewe is. Saam met die kleurlinggemeente Stockenström, het ds. Faure tot 1911 die blanke gemeente Greykerk bearbei; maar sy pastorie was op Hertzog, waar hy meer as 50 jaar met sy eggenote as vader onder sy mense gewoon en hulle getrou bearbei het. Hy was wel afgesny van die groot wêreld, maar was innig gelukkig in sy landelike omgewing, en het die respek en die opregte liefde van sy gemeente geniet. Gedurende lange jare het hy met noukeurige stiptheid en netheid die Ring van Albanie as scriba gedien. In die Sinode het hy hom weinig laat hoor, maar ook as gevolg van sy outydse deftigheid het hy die respek van al die broeders geniet. Sy waardige eggenote is hom op 16 Desember 1926 ontval, en binne ses maande is ook hy, na ‘n kort krankheid, heengegaan.