Eybers, John Henry

Ds. Eybers John

GEBORE

1 Okt. 1879

OORLEDE

17 Nov. 1962

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1910

ORDEN

1911

STANDPLASE

Klerksdorp

1916 Schweizer-Reneke

EMERITEER

1945

Dr. John Henry Eybers is op 1 Oktober 1879 gebore. Na voltooiing van sy teologiese studies op Stellenbosch in 1910, is hy tot leraar van die gemeente Klerksdorp bevestig, waar hy vyf jaar lank geseënde werk verrig het. In 1916 is hy na Schweizer-Reneke, waar hy 29 jaar lank diep spore getrap het. In 1934 het hy actuariusvan die Transvaalse Kerk geword; sy deeglike kennis van die kerkreg was vir die Sinode van groot waarde. Sy mooi, stil en besliste karakter het in wye kringe invloed uitgeoefen. In 1945 het hy sy emeritaat aanvaar, maar hy het nie geruime tyd hulpdiens in verskeie gemeentes verrig. Hy is op 17 November 1962 in die ouderdom van 83 jaar oorlede.