
GEBORE
25 Okt. 1906
OORLEDE
13 Mei 1963
UNIVERSITEIT
Stellenbosch
GELEGITIMEER
1932
ORDEN
1933
STANDPLASE
Krokodilrivier (Hpr.)
1937 Kolporteur, Tvl.
1944 Gatooma
1949 Stella
1960 Kolporteur B. en B. Bybelgenootskap
EMERITEER
–
Ds. Willem Wouter Esterhuizen is op 25 Oktober 1906 in die distrik Standerton, Tvl. gebore. Nadat hy in 1932 gelegitimeer is, is hy in 1933 op Krokodilrivier (Brits) as hulpprediker bevestig. ln 1937 het hy kolporteur in Transvaal geword, in 1944 is hy as die eerste leraar van Gatooma bevestig. Hy het onder meer in die Sinodale Kommissie en in die direksie van Bothashof-kerkskool gedien, en as scriba van die Ring van Bulawayo, en ‘n kerkgebou op Que Que opgerig. Van 1949 tot 1960 het hy die gemeente Stella bedien, waar hy ‘n kerk, twee sendingkerke, skoolkoshuis en evangelistehuis gebou het. Hy was ‘n vurige yweraar vir die sending, en het hom veral beywer vir die oprigting van ‘n eie Teologiese Inrigting vir geestelike leerkragte onder die Batswanavolksgroep op sendinggebied. Van 1960 af was hy koIporteur van die B. en B. Bybelgenootskap in die Kaapprovinsie. In Maart 1963 het hy sy emeritaat aanvaar. Hy is op 13 Mei 1963 oorlede in die ouderdom van 56 jaar.