Erasmus, Rudolph Philip Botha

 

GEBORE

11 Aug. 1905

OORLEDE

05 Des. 1989

UNIVERSITEIT

US

GELEGITIMEER

1932

ORDEN

1933

STANDPLASE

1933 Ceres (Hulpprediker.)

1934 Makwassie

1939 Rietbron

1945 Soutpan

1949 Reivilo

EMERITEER

1966

Ds Rudolph Philip Botha Erasmus, BA. (11 Aug. 1905 – 05 Des. 1989): Ds Dolfie Erasmus is op 11 Augustus 1905 te Fauresmith gebore en het sy studies aan die Kweekskool te Stellenbosch in 1932 voltooi. Hy het die volgende gemeentes bedien: Ceres as hulpprediker vir Prince Alfred Hamlet (vanaf 11 Okt. 1933); Makwassie (sedert 10 Nov. 1934); Rietbron (sedert 17 Jun. 1939); Soutpan (sedert 01 Sept. 1945) en Reivilo (sedert 05 Mrt. 1949 tot by sy emeritering op 26 Mrt. 1966); Op 26 Maart 1966 het die gemeente Reivilo ‘n groot afskeidsgeleentheid aan ds en mev Erasmus aangebied, waar adresse en geskenke as blyke van waardering aan hulle aangebied is.

Die egpaar Erasmus het hulle daarna op die familieplaas Griekwaskop in die Fauresmith-distrik gaan vestig. Op 11 Desember 1983 het die egpaar hulle goue bruilof feestelik gevier. Hy het ook nie stilgesit tydens sy emeritering nie, maar het 35 keer afgelos in gemeentes vanaf Hennenman tot by De Aar.

Sy lewe was nederig en voorbeeldig. Hy was baie lief vir musiek en het self viool en alt-fluit gespeel. Die dag van sy dood moes sy vrou nog lank vir hom klavier speel. Daarna is by na bed en het sag gesterwe.

Hy laat sy eggenote en vier dogters na. (Jaarboek ).