Erasmus, Daniel Jacobus

 

GEBORE

29 Nov. 1890

OORLEDE

7 Mei 1979)

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1919

ORDEN

1920

STANDPLASE

Deben

1931 Komga

1946 Deben

EMERITEER

1956

Ds Daniel JacobusErasmus(29 Nov. 1890 – 7 Mei 1979) is in sy 89ste lewensjaar aan ‘n hartaanval op Patensie oorlede waar hy sedert sy aftrede gewoon het. Hy is op ‘n plaas aan die voet van die Nuweveldberge in die distrik Beaufort-Wes gebore. As gevolg van die ontwrigting deur die Anglo-Boereoorlog en knellende droogtes veroorsaak , begin sy skoolloopbaan eers 1906 op Merweville. Na st 7 gaan hy na die Jongenshoërskool in die Paarl en daar matrikuleer hy 1912. Omdat daar van jongs af by hom die innerlike drang en begeerte was om evangeliedienaar te word, gaan hy 1913 na die Victoria-Kollege op Stellenbosch waar hy 1915 die Intermediêre BA- en die Admissie-eksamen aflê. Na nog vier jaar se studie aan die Kweekskool, word hy 1919 tot die bediening toegelaat. Met sy bevestiging aldaar met handoplegging 1 Mei 1920 begin sy dienstyd in Deben. Daarvandaan gaan hy Maart 1931 na Komga, maar Julie 1946 keer hy na die gemeente van sy eerste liefde terug om daar voort te arbei totdat hy 24 Mrt. 1956 sy emeritaat aanvaar. Hy was ‘n stil en beskeie, maar daarby ‘n waardige en getroue werker in die wingerd van sy Meester. Sy deel van die arbeidsveld het in uitgestrekte gemeentes gelê wat hoë eise aan die arbeider gestel het. Verder het hy onder andere in die SKDB van die Kaapse Kerk en in die Algemene Sondagskoolkommissie gedien. Wyle min F C Erasmuswas ‘n jonger broer van hom. (Jaarboek 1980/244).