GEBORE
4 Febr. 1893
OORLEDE
25 Mei 1978
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1917
ORDEN
1918
STANDPLASE
1920 Herv. Kerk Tvl.
EMERITEER
1963
Ds. Daniel Francois Erasmuswat uit die distrik Graaff-Reinet afkomstig was, is op Heilbron by sy seun en naamgenoot, die leraar van die Herv Kerk aldaar, oorlede. By sy terugkoms uit Holland, waar hy sy teologiese opleiding geniet het, word hy 1917 hulpleraar in die gemeente Kaapstad. In 1918 word hy as predikant van Pietermaritzburg bevestig en daarna bedien hy die Hervormde gemeente Ventersdorp van 1920 tot sy aftrede 1963. (Jaarboek 1980/244).