Erasmus, Abraham Stefanus

 

GEBORE

19 Des. 1919

OORLEDE

25 Okt. 1991

UNIVERSITEIT

B.A., M.Th.,

GELEGITIMEER

1956

ORDEN

1957

STANDPLASE

1957 Visrivier (Bantoegemeente)

1959 Visriviervallei

1964 Umtata

EMERITEER

 

Ds Abraham StefanusErasmus, BA, MTh, (19 Des. 1919-25 Okt. 1991); Op 25 Oktober 1991, na ‘n kort siekbed, is ds Abraham StefanusErasmusin Huis Piet du Toit in Rondebosch oorlede. Hy het vir bykans 30 jaar in die bediening gestaan, hoofsaaklik in die Oos-Kaap. Hy was leraar van die NG Kerk in Afrika op Bedford (1957-1959); Daarna het hy die volgende gemeentes van die Ned Geref Kerk bedien: Visriviervallei (1959-1964); Umtata (1964-1969); Bothasrus(Despatch) (19 Jul. 1969-16 Nov. 1969); Despatch-Suid (1969- 1975) en Philipstown (1975-1985); waarby die Sending-gemeente Philipstown ingesluit was.

Abraham Erasmushet op Kuruman grootgeword. Nadat hy aan die Hoërskool Seodin gematrikuleer het, bekwaam hy hom aanvanklik as onderwyser. Gedurende die twaalf jaar wat hy onderwys gee, behaal hy BA aan Unisa. In 1953 sit hy, toe reeds getroud, sy studie aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch voort. In 1956 is hy gelegitimeer. Ds Erasmushet niks meer as die bediening in die plaaslike kerk nodig gehad om sy roeping uit te leef nie. Ofskoon hy slegs op Bedford heeltyds in diens van die sending gestaan het, het hy hierdie visie regdeur sy bediening gekoester, selfs na sy aftrede in 1985. Hiervoor het sy entoesiasme geen perke geken nie. Eiehandig sou hy op gevorderde leeftye kerkbanke in die NG Sendingkerk herstel en, les bes, vir die nuwe evangelis ‘n lessenaar maak vir gebruik in die nuwe gemeente. Abraham Erasmushet ‘n merkwaardige vermoë gehad om met alle mense oor die weg te kom. Daarom kon hy die evangelie aan sovele oordra. Vir jongmense en kinders het hy, die oud-onderwyser, altyd ‘n besondere liefde gehad. Dit was ook waar van bejaardes, en selfs nie-lidmate wat op sy pad gekom het. Dat hierdie gevoel wedersyds was, is nie te betwyfel nie. Nieteenstaande klimmende jare, het hy voluit bedienaar van die Woord gebly. Tot sy aftrede het hy vrywillig die bearbeiding van lidmate van die Sendingkerk op Philipstown bly behartig. Na sy aftrede het hy op Jeffreysbaai en in Piet. du Toit dieselfde gedoen en bly preek en hulp verleen. Hy het nooit die vroeë oggendbiduur op Sondae gemis nie ten spyte van sy swakker-wordende gesondheid. Meer as een pragtige sendingprojek het deur sy vindingrykheid ‘n werklikheid geword. Sy dood is ‘n groot verlies vir die gemeente van Rondebosch en die tehuis vir bejaardes aldaar. `Die vriendelike dominee’ – dit was hy. (- dr FanusErasmus)