Enslin, George Jean August

Eerw GJA Enslin

GEBORE

22 Des 1875

OORLEDE

3 Mar 1940

UNIVERSITEIT

Sending Instituut, Wellington

GELEGITIMEER

1902

ORDEN

1903

STANDPLASE

1903 Piketberg

1921 Grabouw

EMERITEER

1927

Eerw. George J. A. Enslin (L. 1902; O. 1903); Piketberg, Grabouw; emeritus1927; obiit 31 Maart 1940.

Eerwaarde George Jean August Enslin is op 22 Desember 1875 in die Paarl gebore. Hy sterf op 3 Maart 1940 in die Volkshospitaal, Kaapstad. Hy was die seun van Hercules George Frederik Enslin en Sophia Alida Brink. Hy was eers getroud met Aletta Catharina Maria Rossouw  en sy ontval hom op 9 Augustus 1916 op 37-jarige leeftyd na siekte in die New Somerset Hospitaal, Kaapsatd. Hulle het vyf kinders gehad, nl.  Maria Catharina, Hercules George Frederick, Pieter Louis Rossouw, George Edmund Halley en Sophia. Uit sy tweede huwelik met Annie Attwood, is  George Jean August (die bekende skilder), Cynthia Mary en Harold P gebore.

Hy voltooi sy studies in 1902 aan die Seminarium op Wellington. Sy eerste gemeente is Piketberg waar hy in 1903 georden word. In WO I dien hy as kapelaan van die Eerste SA Infanterie Bataljon en doen diens in Engeland en Frankryk. In Frankryk word hy oorval in ‘n gasaanval en keer terug na Engeland om te herstel. Hier ontmoet hy die verpleegster Annie Attwood met wie hy dan in September 1918 te Bournemouth, Engeland in die huwelik tree. Hulle woon toe op Richmond, Engeland. In 1920 keer hulle terug na Suid-Afrika. In 1921 word hy op Grabouw bevestig waar hy arbei tot sy emiritaat in 1927. Hy bly woon op Grabouw tot sy dood. (Geskryf deur Andrew Kok).