Enslin, Frederik Johannes

 

GEBORE

24 Mei 1874

OORLEDE

19 Junie 1946

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1902

ORDEN

1903

STANDPLASE

 De Aar

1907 Prins Albert

EMERITEER

1939

Eerw. Frederik Johannes Enslin is te Hanover op 24 Mei 1874 gebore en het in Graaff-Reinet opgegroei. Dit was op Klerksdorp waar hy in ‘n winkel gewerk het dat die roepstem tot die evangeliebediening gekom het. Sy teologiese opleiding het hy aan die Sending-Instituut te Wellington ontvang alwaar hy aan die einde van 1902 gelegitimeer is. Op 20 Desember 1903 is hy te De Aar georden terwyl die plegtige inwyding van die Sendingkerkgebou, wat deur sy arbeid daar tot stand gekom het, die vorige dag ingewy is. Hier het hy met groot getrouheid tot die einde van 1907 gewerk en in genoemde jaar op 21 Desember is hy te Prins Albert bevestig. Hier het hy vir 30 jaar lank ‘n allerbelangrikste werk gedoen. Na sy emeritaat in 1939 het hy nog vir ses maande spesiale dienste in die Sendingkerk gehou. Hy was ‘n besonder toegewyde dienskneg van die Here. Op 19 Junie 1946 is hy onverwags oorlede.