Engelbrecht, Pieter Gideon

 

GEBORE

24 Sept. 1934

OORLEDE

15 Aug. 1992

UNIVERSITEIT

BA, BTh, US

GELEGITIMEER

ORDEN

STANDPLASE

EMERITEER

Ds Pieter Gideon Engelbrecht is op 24 September 1934 op Lutzville gebore. Daar gen iet hy sy skoolopleiding tot st 8, waarna hy deur ‘n korrespondensiekursussy matrieksertifikaat in 1971 ontvang. Hy studeer daarna aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch. Die tema van sy BTh-skripsie is “Die bedieningspatroon in die platteland”. Omdat hy ‘n boerseun was het hy begrip daarvoor gehad.

Hy word einde 1978 op Stellenbosch as proponent gelegitimeer en op 20 Januarie 1979 in Vredendal as predikant georden. Vir hom was dit ‘n bekende wêreld waar hy ook gedoop is. Vandaar verskuif hy na die Noorde, eers Riebeeckpark in Kemptonpark (1983) en toe na Philippolis (1988) in die OVS. Tydens sy bediening in die gemeente is hy aan ‘n hartaanval oorlede.

Sy vrou, Cecilia Jacoba van der Poel van Griekwastad, is ‘n boerenooi wat haar man goed begryp het en hom sinvol in sy bediening kon ondersteun. Hy laat haar en drie dogters agter. (-I L. Ferreira)