Engelbrecht, Johan

 

GEBORE

23 Mei. 1946

OORLEDE

06 Sept. 2001

UNIVERSITEIT

BA HONS, BD, D.Th.

GELEGITIMEER

ORDEN

STANDPLASE

EMERITEER

Prof Johan Engelbrecht (BA HONS, BD, D.Th.) 23 Mei. 1946 – 06 Sept. 2001

Johan is op 23 Mei 1946 op Upington gebore en op Keimoes gedoop. Sy ouers het later na Hartswater verhuis waar hy in 1964 aan die Hoërskool Hartswater gematrikuleer het.

Hierna het hy aan die Universiteit van Pretoria in die teologie gestudeer. In 1967 het hy die graad BA (Hons) in Grieks behaal en in 1970 die BD-graad met ‘n skripsie “Krygsterminologie as Attribute van JHWE”. Hy het dit opgevolg met ‘n proponentskripsie in 1971 oor “Jesusen die Owerspelige Vrou (Joh. 7:53-8:11); Sy proefpreek in Universiteitsoord is op 16 Mei 1971 voor proff AH van Zyl, HDA du Toit en BJ Marais gelewer met paranimfe JC Carstens en SSB Steyn.

Dr Engelbrecht is in 1971 gelegitimeer en in 1972 op Pietersburg bevestig. Sy medeleraar was ds PJ Smit.

Johan was ‘n saggeaarde, vriendelike persoon wat die lief en leed van sy medemens met deernis hanteer het. Met toewyding het hy homself gegee in diens van die Here. Prediking en huisbesoek was vir hom belangrik. Hy het baie vir die jeug

Hy was egter ook ‘n akademikusen toe die geleentheid hom voordoen, het hy by Unisa ingeskakel en waardevolle werk gelewer.

Die laaste drie jaar van sy lewe was dr Engelbrecht die hoof van Unisa se Departement Nuwe Testament. Hy het gespesialiseer in die Sinoptiese Evangelies en die Historiese Jesus.

Hy was vir ‘n geruime tyd baie ernstig siek met nierkanker, maar het nog sy pligte nagekom tot ‘n maand voor sy dood op 6 September 2001. Hy was nooit getroud nie.(JC Carstens en andere.)