Els, Johann Jacques

 

GEBORE

16 Mrt. 1948

OORLEDE

22 Apr. 1993

UNIVERSITEIT

BA, MA, HONS, BTh, US

GELEGITIMEER

ORDEN

STANDPLASE

EMERITEER

Ds Johann Els, hoof van navorsing en ontwikkeling van Mfesane, is in April aan kanker oorlede.

Ds Els het aan die Paul Roos- Gimnasium op Stellenbosch en die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad skoolgegaan. In 1974 is hy as leraar van die NG Kerk gelegitimeer. Hy het onder meer gedien as leraar van die Evangelies-Gereformeerde Kerk in Afrika (NG Kerk) in Ortiinana, Kaokoland, en die NG Kerk in Afrika se gemeente Rhini op Grahamstad. Hy was ook assessor van die Evangelies-Gereformeerde Kerk in Afrika, voorsitter van die beheerraad van die Phalo-kinderhuis vir swartes in Grahamstad, en lid van die Nasionale Vereniging van Kinderversorgers.

Vanaf September 1986 was hy Direkteur van Jeug en Gemeenskaps ontwikkeling, Mfesane. Ds Els sal onthou word as die man wat Mfesane se hoofkantoor van King William’s Town na Kaapstad verskuif het en terwyl hy reeds ernstig siek was, die aanvoorwerk gedoen het vir verskeie Skiereilandse projekte. Hy was nok lid van die Nasionale Raad van die Ontwikkelingsvereniging van Suider-Afrika.

Hy het die vermoë gehad om teorie en praktyk in verband met mekaar te bring. Hy het verskeie projekte geloods wat gerig was op die voorskoolse kind tot die senior burger. Sy laaste taak was om die “priester-en-plakker-konferensie” in 1992 in Kruispad te reël waar indringend gesoek is hoe om die Skrifbeginsels en ontwikkeling in die praktyk te laat gestalte kry. Die nuwe gemeenskapsentrum in Kruispad was een van sy projekte.

Hy laat sy vrou, Karien, en drie kinders Hanri, Hanneke en Ferdinand agter. Ons onthou hom in liefde. (- C W Alheit) (Jaarboek )