GEBORE
15 Okt. 1919
OORLEDE
03 Des. 1989
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1953
ORDEN
1954
STANDPLASE
1954 Uitenhage
1963 Die Vleie
EMERITEER
–
Ds Edward Ellis, BA, (15 Okt. 1919-03 Des. 1989);
Gebore op 15 Oktober 1919 in die distrik Ladismith, Kaap, verhuis die tienjarige Edward Ellis saam met sy ouers na Kaapstad, waar hy sy eintlike skoolonderwys ontvang. Nadat by st 8 aan die Hoerskool Jan van Riebeeck geslaag het, werk by as vakleerling in die spoorweg werkwinkels in Soutrivier. In April 1941 gaan by met aktiewe diens as tegnikusna die Midde-Ooste. Sterk geroepe tot die evangeliebediening na sy bekering in 1944 in Alexandria (Egipte); vra en verkry hy sy ontslag uit die Weermag. Nadat hy deur aandklasse aan die Tegniese Kollege, Kaapstad, matriek onder die knie gekry het, is by begin 1946 na die Universiteit Stellenbosch, waar by agtereenvolgens die BA-graad en die vierjarige teologiese kursusvoltooi. Gedurende sy laaste jaar aan die Kweekskool was by lid van die militêre kontingent van Suid-Afrika wat na Engeland gegaan het vir die kroning van koningin Elizabeth II.
Nadat by einde 1953 tot die bediening toegelaat is, het hy ‘n ruk hulpdiens gedoen in die gemeente Nuwe Kerk (Graaff-Reinet) en Rondebosch, voordat by die beroep as medeleraar na Uitenhage aangeneem het.
In Uitenhage het hy ‘n baie aktiewe bediening gehad. Hy skryf selfs: “Ek kon ook my deeltjie agter die skerms bydra tot die stigting van die Universiteit van Port Elizabeth. As voorsitter van die Raad van die Tegniese Kollege en lid van die Beheerraad van die Tegniese Skool Daniel Pienaar, kon ek my heelwat vir die tegniese onderwys beywer . . .”.
Op 24 Augustus 1963 is by bevestig in Die Vleie, waar by 7 jaar gedien het en, na sy aftrede, tydens ‘n besoek aan hierdie ou gemeente van hom, skielik oorlede is na ‘n aanddiens.
Sedert 1970 was hy predikant van Orkney in Wes- Transvaal tot met sy emeritering weens gesondheidsredes op 4 September 1983.
Ds Ted Ellis is ook die “Vlieënde predikant van Orkney” genoem aangesien hy sy vliegbelangstelling sedert die Tweede Wêreldoorlog voorgesit het.
In Wes-Transvaal het hy hom in die besonder beywer vir die sending en sy stem is dikwels hieroor gehoor, ook in algemene sinodale verband. Hy was ‘n hartlike uitgaande en beminde mens.
Ds. en mev. Louisa Ellis het vier kinders, te wete Cornelia de Fontaine, Edward Freeman, Christiaan Marais en Luis Hadrian.