Gebore
05 Okt. 1897
OORLEDE
20 Jul. 1991
UNIVERSITEIT
–
GELEGITImeer
–
ORDEN
–
STANDPLASe
–
EMIRITEER
–
Johannes Eijgenraam is op 5 Oktober 1897 in Nerderland gebore waar sy vader op ‘n kleinhoewe met groente geboer het. Hy het tussen die vissersbote grootgeword. Hy het na Suid-Afrika gekom om hier verder te studeer, maar bevind horn uiteindelik by die Sending-Instituut op Wellington om hom as sendeling te bekwaam. Onder andere loop hy ook Hebreeusaan die Universiteit van Stellenbosch in hierdie tyd.
Hy leer ook Afrikaans vlot sonder aksent praat.
Hy word in 1928 gelegitimeer, maar eers in 1937 georden omdat hy aanvanklik in verskeie sendinggemeentes as hulpprediker gedien het.
In 1937 word hy bevestig as predikant van die Sendingkerk op Paul Roux. Hy bly sy hele bediening in hierdie gemeente en doen vrugbare werk in die wingerd van die Here totdat hy in 1944 emeriteer.
Hy is in 1934 getroud met Anna Cecilia Janse van Vuuren. Uit die huwelik is vier kinders gebore, waarvan twee dogters oorlede is en ‘n seun en ‘n dogter horn oorleef. Daar is ook vier kleinkinders.
Na sy aftrede gaan woon hy eers by sy seun in Johannesburg, maar gaan vestig horn later in Mooi Hawens, Bloemfontein, waar by op 29 Julie 1991 in die ouderdom van 93 jaar oorlede is.
Hy was ‘n stil mens, maar bekend as ‘n baie slim persoon. Hy het geweldig baie gelees, maar by voorkeur inligtingstukke, selfs ensiklopediee. Daarom het hy ‘n geweldige groot algemene kennis gehad.
Hy was toegewyd en het sy werk met pligsgetrouheid gedoen. – (DJ Viljoen, op versoek van ds CR Kok, en aan die hand van gegewens deur horn en mev Du Plooy, dogter van ds Eijgenraam, verskaf) (Jaarboek ).