Eckard, Arthur William

 

Gebore

18 Des. 1893

OORLEDE

19 Febr. 1966

UNIVERSITEIT

GELEGITImeer

1919

ORDEN

1920

STANDPLASe

Swellendam (Hpr.)

1921 Swellendam

1929 Pietersburg

EMIRITEER

1959

Ds. Arthur William Eckard: Hy is op 18 Desember 1893 op Richmond, K.P., gebore. Hy het sy teologiese kandidaatseksamen in Nederland afgelê en sy proponentseksamen in Suid-Afrika. Na sy legitimasie in 1919 het by as hulpprediker na Swellendam gegaan, waar hy tot 1929 gearbei het. Daarna is hy na Pietersburg, die gemeente wat hy dertig jaar lank bedien het, tot by sy emeritaat in 1959. Hy was ‘n beskeie, vreedsame en liefdevolle persoon. Op 19 Februarie 1966 is hy as gevolg van ‘n motorbotsing in Pretoria oorlede, in die ouderdom van 72 jaar. (Jaarboek 1967/563)