Gebore
26 Jun. 1862
OORLEDE
5 Mei 1953
UNIVERSITEIT
–
GELEGITImeer
1896
ORDEN
1897
STANDPLASe
1899 Jamestown
EMIRITEER
1933
Ds. William Loftie Eaton is gedurende Julie 1953 in die rype ouderdom van een-en-negentig jaar oorlede. Hy is in 1896 gelegitimeer en die volgende jaar as leraar van Oudtshoorn bevestig. In 1899 is hy na Jamestown waar hy vier-en-dertig jaar lank met groot seën gearbei het tot 1953 toe hy sy emeritaat aanvaar het. Hoewel hy ‘n ingetoë en beskeie persoon was wat nie veel op kerklike vergaderings gepraat het nie, was hy op die kansel ‘n onverskrokke prediker wat met groot erns en opregtheid die Woord van God getrou verkondig het. Ook was hy bekend vir die deeglike wyse en as geestelike raadgewer opgetree (Jaarboek ).