Du Toit, Willem Johannes

 

Gebore

24 Apr. 1919

OORLEDE

13 Jun. 1995

UNIVERSITEIT

BA (US)

GELEGITImeer

1943

ORDEN

1944

STANDPLASe

1944 Montagu

1947 Stanford

1949 Moorreesburg

1954 Colesberg

1959 Bellville

1963 Nuwe Kerk Graaff-Reinet

EMIRITEER

Ds Willem Johannes Du Toit;  BA; 24 Apr. 1919 – 13 Jun. 1995

Willie Du Toit was die oudste kind van die bekende ds George en mev Anna du Toit van Stellenbosch. Saam met sy ander vyf broers en susters het hulle ‘n besondere huiskring gevorm en het hy ‘n eie plek daar ingeneem. Saam met ds Tappies Moller en prof Dawid de Villiers en andere het hy op 7 Julie 1936 te Stellenbosch tydens ‘n Christen Studente-Vereniging-konferensie  onder die prediking van prof Kolie Kotze opgestaan en die roepstem van die Here aangeneem. Hy was dan ook in die Kweekskool die liefling van sy klasmaats. Hy is, na voltooing van sy studies, in 1944 gelegitimeer.

Sy eerste gemeente was Montagu waar hy op 2 September 1944 bevestig is. Op 2 Augustus word hy ontvang op Stanford; op 3 Desember 1949 op Moorreesburg; op 23 April 1954 op Coleshurg; op 28 Augustus1959 in Bellville en in sy laaste gemeente, Graaff-Reinet (Nuwe Kerk) op 26 Oktober 1963.

Hy aanvaar sy emeritaat in 1984 na 40 eer volle jare in die bediening en hy en sy vrou, Doreen, gaan woon in the Strand.

Hy het baie moeite gedoen met sy prediking en diep gedelf in die Woord. Met sy pastorale besoeke hy werklik daarin geslaag om mense te bereik. In godsdiensonderrig, en derhalwe die omoeding en ontletwys, het hom baie naby aan die hart gelê. Hy was jate lank lid van die Algemene Jeugkomtnissie en het ged ten in die Subkommissie vir Omoeding en Onderwys. Hy was ook lid van die Interkerklike Kommissie vir Op voeding en Onderwys en die Sentrale Onderwyskommissie. Voorts was hy ‘n besondere kategeet en het lewendig in die kategese belang gestel.

Hy was ‘n alsydige en wydbelese mens. Hy kon met gesag oor talle onderwerpe praat. Hy het ‘n helder stem gehad en het skerp insigte geopenhaar. Hy was ook lief vir gedigte en goeie musiek en het baie sterk gevoel oor die handhawing van Afrikaans as taal. Tog was hy, by alles ‘n nederige en beskeie mens wat nie na eie eer of posisie gestreef het nie, maar eerder die lig op ander laat val het.

Hy was ‘n mooi mens. ‘n Groot Christen. ‘n kind van God wat in die volste sin van die woord mens gebly het. Vir hom was “die lewe Christus en die sterwe wins.” DW de Villiers, verwerk deur DJ Viljoen. (Jaarboek).