Du Toit, Stephanus Jacobus

Ds SJ du Toit

Gebore

9 Okt. 1847

OORLEDE

28 Mei 1911

UNIVERSITEIT

GELEGITImeer

1872

ORDEN

1874

STANDPLASe

Wellington (Hpr.)

1874 Kruisvallei (Tydelik)

1875 Noorder-Paarl

EMIRITEER

Ds. Stefanus Johannes du Toit: Deze leeraar diende de Ned. Geref. Kerk als predikant van de Noorder-Paarl gemeente. Van daar ging hij naar de Transvaal als Superintendent van Onderwijs. Hij was de leidsman van de “gemeente onder ‘t Kruis.” Hij overleed den 28sten Mei 1911, aan zijne woning te Klein Drakenstein. (Jaarboek, 1912, p 171).

Ds. Stefanus Jacobus du Toit is op 9 Okt. 1847 gebore in Dal Josefat naby die Paarl. Hy was die dertiende en jongste kind en seun van David Petrus du Toit en sy vrou Helena Elizabeth du Plessis.

Ds. SJ du Toit was ʼn legendariese predikant van die NG Kerk, ʼn rustelose, altyd-aktiewe mens en een van die mees omstrede openbare figure van sy tyd.

In 1872 word hy as predikant gelegitimeer en is van 1875 tot 1881 leraar van die NG Kerk Noorder-Paarl. Daarna is hy tot 1888 suprintendent van Onderwys in die Zuid-Afrikaanse Republiek.

Hy keer terug na Dal Josafat waar hy op 28 Mei 1911 sterf en in die familiekerkhof op Kleinbosch begrawe word.

In sy leeftyd is ds. SJ du Toit nie net predikant nie, sy ander beroepe en aktiwiteite is verstommend.

Hy is ʼn druiweboer en in 1875 is hy betrokke by die Genoodskap vir Regte Afrikaners. Hy is redakteur van vyf tydskrifte en skryf duisende artikels. As onderwysman en staatsminister van pres. Paul Kruger bring hy beroering. Hy is ook ʼn onsuksesvolle goudmagnaat, politikus en stigter van die eerste Afrikaanse politieke party en ʼn kenner van die internasionale politiek.

Kort voor sy dood stig hy ʼn eie kerk, “Die Gereformeerde Kerk onder die kruis”. Hy is ook digter, Bybelvertaler, uitstaande kenner van die Jodedom en Bybelse profesieë.

Sy seun ds. JD du Toit (Totius); beskryf sy vader as ontembaar soos ʼn wilde donkie. Sy hand was teen almal en almal se hand teen hom en dit was sy roeping om alleen te staan en harde dinge te sê.

In sy lewe het beroemdheid en berugtheid voortdurend gewedywer. Hy het nie net met oorgawe sy talente gebruik nie. Maar ook nuwe gerense toets. Daar is altyd mense wat die waters roer en omstrede dinge doen en sê. Later word na hulle verwys as baanbrekers en eietydse profete.

SJ du Toit was ʼn stormvoël en profeet wat sy tyd ver vooruit was en mense nuut laat dink het. (Dr. Gerdrie van der Merwe. VDM.)