Gebore
5 Aug. 1921
OORLEDE
21 Jul. 1989
UNIVERSITEIT
–
GELEGITImeer
1947
ORDEN
1948
STANDPLASe
1948 Heidelberg, Tvl.
1951 Vereeniging
1957 Heidelberg, KP
1967 Driankerbaai
EMIRITEER
–
Ds Pieter Du Toit (5 Aug. 1921-21 Jul. 1989) was die seun van die bekende Dr Piet du Toit wat vir jare sekretaris van die Sinodale Kommissie vir Diens van Barmhartigheid in Kaapstad was. Met sy afsterwe het die NG Kerk een van sy bemindste en kleurrykste figure verloor. As skoolseun het hy Transvaal op die atletiekbaan verteenwoordig, terwyl hy ook vir Maties se eerste span rugby en krieket gespeel het. Hy is in 1947 gelegitimeer waarna hy agtereenvolgens die volgende gemeentes bedien het: Heidelberg (Tvl); Vereeniging, Heidelberg (Kaap) en sedert 15 Apr. 1967 tot met sy afsterwe Drieankerbaai. Volgens mnr Deon Louw, ouderling in die gemeente, was ds Du Toit nie net baie gewild en geliefd in die gemeente nie, maar ook in die hele gemeenskap. In sy begrafnisrede het dr Frits Gaum gesê ds Du Toit was ‘n atleet by wie van moed opgee nie sprake was nie. Volgens sy eggenote was hy ‘n blymoedige mens wat elke dag voluit geleef het. Hy het altyd gesê: “My werk as predikant is my stokperdjie.” ‘n Roudiens is in Drieankerbaai gehou terwyl die teraardebestelling in Gordonsbaai was. Hy word oorleef deur sy vrou, Zenobia, en ‘n seun en dogter.