Gebore
21 Mrt. 1906
OORLEDE
20 Mei 1984
UNIVERSITEIT
B.A., M.Ed., Dipl. Teol., Opv., en Maatsk. Sorg (Edin.); D.Ed.
GELEGITImeer
1935
ORDEN
1940
STANDPLASe
1940 Sekretaris Christenraad
1940 Rustenburg
1944 Charl Cilliers
1948 Malvern
1953 Sundra
1961 Kroonstad-Suid
1964 Ventersdorp
EMIRITEER
–
Dr John Murray Du Toit (21 Mrt. 1906- 20 Mei 1984) was die enigste kind van ds Pieter du Toit, van 1893 tot 1924 leraar van Edenburg, en sy tweede vrou, ‘n dogter van John Murray, een van die eerste twee hoogleraars van die Kweekskool op Stellenbosch. Wyle dr Pieter du Toit van barmhartigheidsdiensfaam was sy halfbroer. Hy verwerf sy BA in Bloemfontein en ontvang daarna sy teologiese opleiding in Edinburgh, Skotland. Sy voortgesette studie besorg aan hom ook ‘n meestersgraad in die opvoedkunde en ‘n diploma in die teologie (opvoedkunde en maatskaplike sorg) en later verwerf hy ‘n doktorsgraad in die opvoedkunde met ‘n proefskrif oor die opvoedkundige werk van sy oupa Murray. Na sy legitimasie in 1935 word hy die eerste voltydse sekretaris van die Christenraad van Suid-Afrika en in die hoedanigheid woon hy in 1938 die groot Wêreldsendingkongres in Tambaram. Indië by. In 1940 aanvaar hy ‘n beroep na Rustenburg, waarvandaan hy vier jaar later na Charl Cilliers verskuif. Daarna bedien hy Malvem (1948); Sundra (1953); Kroonstad-Suid (1964) en toe Ventersdorp van 1964 af tot 1970, toe hy sy emeritaat aanvaar om in 1971 dosent in Bybelkunde aan die Hebron-Opleidingskollege vir Swart onderwysers naby Pretoria te word. Hierdie kleurryke persoonlikheid in die predikantsgeledere is in Pretoria oorlede. (Jaarboek ).