Du Toit, Johannes Petrus

 

Gebore

9 Des. 1877

OORLEDE

6 Apr. 1943

UNIVERSITEIT

GELEGITImeer

1914

ORDEN

1917

STANDPLASe

Garies

1924 Leipoldtville

1930 Steytlerville

EMIRITEER

Ds. Johannes Petrus du Toit het op gevorderde leeftyd tot die evangelie-bediening toegetree daar hy eers onderwys gegee het voordat hy na die Kweekskool gegaan het om aan die einde van 1914 gelegitimeer te word. Sy eerste gemeente was Garies waar hy in 1917 georden is. Na ‘n vrugbare bediening van sewe jaar het hy in 1924 ‘n beroep na Leipoldtville aangeneem waar hy vir ses jaar gewerk het toe hy na Steytlerville vertrek het. In sy arbeid as herder en leraar was hy baie getrou en beginselvas. Hy was ‘n man wat vir sy oortuiging kon uitkom. Die gemeentelike aangeleenthede het sy warme belangstelling en gemeentelede ook op die hart gedra. Toe hy op die punt gestaan het om na ‘n geseënde bediening sy emeritaat te aanvaar is hy onverwags op 6 April 1943 in die hospitaal te Port Elizabeth oorlede. (Jaarboek ).